Dagboek

Vir Maart

Lééf so… met hart & siel

Iets om te onthou

God se plan is groter as wat ons ooit sal verstaan. Vertrou Hom met jou ganse lewe.

Iets om te doen

Ondersoek die geloofsdissipline van vas. Tydens die Lentseisoen help dit jou om op Christus te fokus.

Iets om te vier

Jy is ‘n kosbare kind van God. Wat ‘n eer om as Sy kind te leef! Onthou, jý maak saak.

Iets om te eet 

Gesond en lekker! Dié pizza-slaaibak is nuut op Col’Cacchios se spyskaart.

Iets om neer te skryf

“Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop.” Psalm 62:2

Iewers om te kuier 

Bespreek vir ‘n buitelug-ete op die terras by Terroir op die Kleine Salze-landgoed by www.kleinesalze.co.za.

Iets om te bid

“Hemelse Vader, wys my vandag opnuut waarvoor ek alles kan dankie sê.” Amen

Iets om oor na te dink

Jy is nie veronderstel om alleen deur die lewe te gaan nie. Deel jou lewe met ander. Vra hulp, bid saam.

Iets om te ontdek

“Jou brein is ontwerp om betekenisvolle gedagtes te bou, anders word dit toksies” Dr. Caroline Leaf

Dagboek

  • Die Come to the Well-vrouekonferensie vind plaas van 1 tot 3 Maart by die Moreletapark-gemeente in Pretoria. Sprekers sluit in Mamikie Molapa, Danna Gresh en Nancy Bemoss Wolgemut. Kaartjies by die deur beskikbaar.
  • Op 2 Maart vind die Muratie Oesfees plaas onder die eike van die historiese landgoed. Kontak Nina Martin by Muratie by 021 865 2330/2336 of by info@muratie.co.za. Besprekings is noodsaaklik.
  • Die tweede Taalmonument Koorfees vind op Donderdag 14 Maart 2019, plaas waartydens 14 kore gaan optree en dit boonop met die beroemde Kaapse Operakoor Maestro, Marvin Kernelle, as seremoniemeester. “Een van die doelwitte van hierdie fees is om koormusiek te bevorder,” sê Christine Bam, mede-organiseerder en self  ʼn mezzosopraan en stemafrigter. “Daar is geen kompetisie of beoordeling gekoppel aan hierdie geleentheid nie. Dit is ʼn lekker saamsing-fees waar kore kan kom sing, die dag geniet en kan netwerk met ander kore.” Vir verdere inligting oor die koorfees, skakel 083 621 8483 of stuur ʼn e-pos aan 3@gmail.com.
  • Die Wakkerstroom Musiekfees vind plaas van 20 tot 24 Maart. Besoek wmfestival.co.za vir meer inligting en die volledige program.
  • Rooibos-liefhebbers kan op Saterdag 30 Maart deel wees van die eerste Rooibos T Fees wat op Clanwilliam – die hartland van rooibostee – gehou word. Rooibos word slegs in die Cederberg-omgewing verbou en jy kan nêrens anders ter wêreld hierdie proses meemaak nie. Of jy rooibos wil koop; net op ’n rooibosplaas wil kuier; of selfs net iets nuuts wil leer, dis ’n fees wat jy nie wil misloop nie. Kaartjies is aanlyn by Quicket teen R120 elk beskikbaar.
2019-02-28T22:40:09+00:00