Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Follow You Anywhere Passion

Hierdie splinternuwe album deur Passion bevat liedjies wat spesifiek vir Passion 2019 geskryf is. Die album bevat musiek deur topverkopers soos Kristian Stanfill, Sean Curran, Melodie Malone, Crowder en Brett Younker. Sedert die eerste Passion CD in 1998 uitgegee is, het hierdie gewilde albums al reeds meer as 1,3 miljoen CD’s verkoop. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/follow-you-anywhere-cd.

Victory Bethel (CD)

Bethel Music se jongste album, met 14 snitte, is regstreeks by die Bethel-kerk opgeneem. Die tema van die album spruit uit die verhaal van koning Josafat (2 Kronieke 20) en sy onwaarskynlike oorwinning teen Moab, Amon en Edom toe hy sangers gestuur het om voor die leër uit te gaan. Die album spog met optredes deur Bethel se lofprysingsleiers, Brian en Jenn Johnson, asook nuwe kunstenaars soos Emmy Rose en Bethany Wohrle. Daar is ook opnames van kunstenaars buite die Bethel gemeenskap soos Molly Skaggs van The Cageless, Birds Ministry se Jonathan en Melissa Helser en Daniel en Harvest Bashta met hulle nuwe snit Drenched in Love. Bestel jou kopie by  https://www.cumbooks.co.za/victory-cd.

Voel jy die genade Jo Black

Na die weghol sukses van sy multi-bekroonde, dubbelplatinum-album, Skepe, is sy nuwe album, Voel jy die genade, vandeesmaand op die rakke. Hierdie album is tipies Jo Black met lekker-luister liedjies en nuwe stories. Met hierdie album sê Jo dat elkeen van ons slegs hier is deur genade, en dat dit ook net genade is wat ons deur alles help. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/voel-jy-die-genade-cd.

2019-01-29T21:26:36+00:00