Dagboek

Vir Februarie

Lééf so… met hart & siel

Iets om oor na te dink

Danksegging weerhou ons daarvan om ander te blameer. Sê elk dag vir ten minste drie nuwe dinge dankie.

Iets om te koop 

Verlustig jou aan die mooiste stoffeermateriaal by een van Hertex se vertoonlokale landwyd. www.hertex.co.za.

Iets om te onthou

Jou vreugde lê daarin om Christus te ken. Gryp dit aan en leef met blymoedigheid.

Iewers om te eet

Geniet ‘n gourmetpiekniek en pragtige uitsigte by The Lawns at The Roundhouse in Kampsbaai.

Iets om neer te skryf

“Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld wees nie, want Ek is jou God.” Jesaja 41:10

Iets om te waardeer

“Staan stil en ruik die rose, die lelies en die pioenrose…” Jennifer Tung

Iets om te bid

Here, help my om in U liefde te lewe en dit met ander te deel.

Iets om te doen 

Maak ‘n draai by Meraki op Stellenbosch vir fyngebak en meer. www.meraki-living.com.

Iets om te ontdek

Volhard en jy sal God iets wonderliks in jou lewe sien doen.

Dagboek

  • Op 3 Februarie is dit weer tyd vir die Ngwenya Country Market in Muldersdrift. Die mark vind plaas van 09h00 tot 16h00. Vir meer inligting kontak Viv by 082 497 6054 of Tina by 082 887 4263.
  • Die laaste Stellenbosch Straat Soiree van die seisoen vind plaas op 13 Februarie vanaf 8h00 tot 20h00 en dié kuier bied ‘n verskillende keurspel van kelders en kokke wat smaak aan die aand verleen. Vir R150 kry jy ‘n wynglas en 12 wynproe-tokens en daar is ook heerlike kos en happies te koop. Jy kan ook van die wyne koop om huis toe te neem. Kinders is welkom. Vir meer inligting skakel Tel: 021 886 4310, besoek wineroute.co.za
  • Aksie en avontuur vir die hele gesin. Die XTERRA 2019 fietswedren-seisoen skop af by die Elgin-Grabouw Country Club op 23 en 24 Februarie. Daar is verskillende wedrenne, padlope en meer aan deel te neem. Vir meer inligting oor EXTERRA Grabouw skakel 082 991 0045 of besoek stillwatersports.com
  • Jy kan tot einde Februarie teen slegs R40 per persoon, twee van Stellenbosch Hills se Polkadraai-vonkelwyne saam met ’n handgemaakte fudge wat spesiaal daarvoor uitgesoek is, proe. Die Fizz & FudgeProe-ervaring word vanaf November tot einde Februarie by die Stellenbosch Hills proelokaal aangebied, maar is slegs per bespreking beskikbaar. Bespreek deur 021 881 3828/9 te bel, of stuur ‘n epos na info@stellenbosch-hills.co.za.
2019-01-29T20:28:25+00:00