Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Gee van jouself en jy sal meer ontvang as wat jy gegee het.” Antione de Saint-Exupéry

Kies jóú geur

Lancôme La Vie Est Belle Eau de Parfum (R1 440 vir 50 ml) ruik na iris, jasmyn en lemoenbloeisel. Kyk gerus na dié video-insetsel met aktrise, Julia Roberts, oor die vreugde wat hierdie geur bring by https://www.youtube.com/watch?v=pzcgOeh9Yi4.

Chanel No 5 Eau de Parfum Red Edition. Dié klassieke geur is vir  ‘n beperkte tydperk in ‘n dieprooi flessie beskikbaar. R2 725 vir 100 ml.

Qui Juice Couture Eau de Parfum is sprankelend met die geur van waatlemoen, soetemaling en amber. R1 199 vir 50 ml.

Feestelik!

Chanel vier die feesseisoen met ‘n spesiale grimeerversameling genaamd Collection Libre 2018 Maxilmalisme de Chanel. Die reeks bestaan onder meer uit die Création Exclusive la Palette Caracteré vir die lippe, Création Exclusive Le Lion de Chanel vir glans aan die gesig en ‘n reeks glinster-oogskadu’s. Vanaf R580.

Bederftyd

Kyk uit vir Crabtree & Evelyn se geskenkreeks in kleurvolle verpakking met  ‘n retro-tema wat aan die 1970’s herinner. Dié omvattende geskenkreeks is vir ‘n beperkte tydperk beskikbaar en bied geskenke te kies en te keur. Vir meer inligting, besoek www.crabteee-evelyn.co.za.

Wenke vir ‘n somerlyf

  • Koop ‘n lyfborsel en borsel jou lyf elke oggend voor jy in die stort klim.
  • Smeer jou lyf daagliks met ‘n selluliet- of verfermende lyfroom.
  • Drink meer water.
  • Eet die meeste van die tyd gesond en gebalanseerd.
  • Begin beweeg. Oefening is onontbeerlik vir ‘n gesonde en ferm lyf.
  • Drink minder alkohol en koffie wat waterretensie veroorsaak.
  • Kies ‘n fnuik-sonbrandroom eerder as om te veel tyd in die son deur te bring.

Nuut op die rak

Die Eucerin Hyaluron-Filler-produkreeks is pas herbekendgestel en bevat nou ‘n SBF 30 en vyf maal meer hialuroonsuur wat die vel uitplomp. Vanaf R319,99.

Elizabeth Arden Retinol Ceramide Capsules Line Erasing Night Serum bevat suiwer retinol wat die vel sigbaar vernuwe. R564.

Eau Thermale Avéne SPF50+ Fluid beskerm teen die son sonder om die vel olierig te laat voel. R239,95.

Carribean Tan Cinnamon & Coconut Skin Smoothing Exfolia verwyder dooie selletjies en versag en verglad die vel. R69,95.

Catrice Prime and Fine Goodbye Pores Blur Primer help om vergrootte porieë te versteek. R99,95.

Epimax Man Cream is ‘n versagtende bevogtiger wat die vel soepel en gesond hou. R48.

Essence Colour Boost mad about matte liquid lipstick gee langblywende kleur aan die lippe. R59,95.

Heliocare color SPF 50 gelcream light beskerm teen UVA en UVB-strale met ‘n spesiale Fernblock-formule. R350.

Die Cowshed Hand Care Caddy is die ideale Kersgeskenk en kos R620.

2018-12-03T18:52:36+00:00