Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Tough As Nails Andy Stanley (DVD)

Onsekerheid is onvermydelik. Om bang te wees is ’n keuse. In hierdie reeks van drie boodskappe herinner Andy Stanley ons dat die geloof van Jesus se vroeë volgelinge gekenmerk word deur vreesloosheid, vertroue in Jesus en liefde vir hulle medemens. As ’n volgeling van Jesus, sou jy dieselfde oor jou geloof sê? Hierdie DVD-studie bied drie volle preke (boodskappe) van ongeveer 35 minute elk, ’n inleidingsvideo tot elke preek, sowel as  besprekingsvrae. Die drie temas is: In the Beginning, Fix Your Eyes en Our Once Upon a Time. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/tough-as-nails-dvd.

The Table A Christmas Worship Gathering Darlene Zschech & Hope UC  (CD)

Hierdie pragtige CD spruit uit die konsep van die tafel as die plek waar families en vriende tydens Kersfees en ander spesiale geleentheid saamkuier. Darlene Zschech en haar ‘familie’ by die Hope Unlimited Church nooi luisteraars na ’n Kersfees-lofsangviering met ’n bekende Kersfeesliedere, asook ’n paar oorspronklike nuwe snitte. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/the-table-a-christmas-worship-gathering-cd.

Top 50 Worship Songs Holy Spirit (3CD)

Hierdie is die jongste toevoeging tot Maranatha! Music se Top 50 CD-reeks.  Dié stel van drie CD’s sluit opnames in van die gewildste lofsangliedere wat vandag in kerke regoor die wêreld gesing word. Snitte soos “Holy Spirit,” “What A Beautiful Name,” “Good Good Father” en “Oceans (Where Feet May Fail) is onder meer deel van hierdie vrystelling. ‘n Moet vir elkeen wat lofsang geniet en graag luister. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/top-50-worship-songs-holy-spirit-3cd.

Nuwe dinge Neville D (CD)

Die titelsnit van hierdie album, “Nuwe dinge” is ’n getuienis van waaroor die CD gaan. Gewilde sanger Neville D vertel hoe die besondere liedjie deur sy lewe soveel mense se lewens geraak het en hulle en homself deur moeilike tye gedra en weer nuwe hoop gegee het. Die CD spog met 11 tradisionele liedjies wat hy tydens sy kinderjare gesing het en twee nuwes wat hy self geskryf het. Neville D vertel: “Ek wou nog altyd ’n album opneem om my erfenis te vier, waar ek vandaan kom en waar alles begin het. Hierdie album is dus vir my baie spesiaal omdat dit liedjies is wat ek in my kinderjare gesing het en liedjies wat bygedra het tot wie en wat ek vandag is.” Wat die album ook besonder maak is die 16 gaskunstenaars wat saam met hom opgeneem het. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/nuwe-dinge-cd.

I know a ghost Crowder (CD)

Die bekende Crowder is terug met ’n splinternuwe album. Dié album volg na die sukses van American Prodigal en die nommer-een treffer “All My Hope”. Hoewel die nuwe album ’n mengsel van verskeie style is, bring dit die luisteraar steeds op Crowder se unieke manier nader aan God met roerende lofsang. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/i-know-a-ghost-cd.

Burn The Ships For King & Country (CD)

Grammy-wenners For King & Country is terug met hul nuwe CD Burn The Ships. Hierdie album vertel van dit wat mens uit jou verlede kan leer en hoe jy dan daardie kennis gebruik om jou toekoms aan te pak. Joel Smallbone van die groep vertel: “Soos baie mense, was ons eie reis nie altyd net maklik nie, maar ons het gesien dat dit moontlik is om uit die stof op te staan, weg te stap, en die toekoms met ’n lied in die hart aan te pak, ten spyte van die seer van die verlede.” Hy sê verder hulle hoop die musiek op die album sal mense positief inspireer. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/burn-the-ships-cd.

2018-12-01T14:23:26+00:00