Dagboek

Vir Desember & Januarie

Lééf so… met hart & siel

Iets om te geniet

Kyk na die natuur om jou. God is verskuil in die bruis van die branders en die geklap van ‘n meeu se vlerk.

Iets om te ontdek

Jy is meer kreatief as wat jy dink! Delf in vergete laaie, stap ‘n draai deur die tuin en pak ‘n mooi prentjie op ‘n bord.

Iets om te doen

Die Delheim-oesfees vind plaas op Saterdag, 26 Januarie. Bespreek aanlyn by Quicket of besoek www.delheim.com.

Iets om te onthou

Genade is onverdiende guns. God se genade is genoeg om in al jou behoeftes te voorsien. Leer om Hom te vertrou.

Iewers om te eet

Indochine Restaurant by die Delaire Graff-landgoed kombineer die smake en geure van Afrika en Asië. Lees meer by www.delaire.co.za.

Iets om te vier

Steek ‘n paar kerse aan om nie net die Kerstyd te herdenk nie, maar ook God se goedheid in jou lewe te vier.

Iets om oor na te dink

Volharding bring jou tot ‘n plek van oorwinning. Moenie tou opgooi nie. Leef in geloof en wag op God vir die perfekte uitkoms.

Iets om te bid

“Lei my deur u waarheid en leer my, want U o God, is my redder. Die hele dag wag ek op U.” Psalm 25:5

Iets om neer te skryf

Voel jy oorweldig? Maak ‘n lysie van al dié dinge wat jy voel vir jou te veel is. Gee dit Hom. Onthou, niks is vir God onmoontlik nie.

Dagboek

  • Magdalenahuis se jaarlikse Kerskonsert vind plaas op 2 Desember van 17:00 tot 19:30 by Rhebokskloof. Zanne Stapelberg de Lange, André Terreblanche en Gert Annandale tree onder meer op. Kontak Elsa Botha by 071 151 3670 vir meer inligting.
  • Dis weer tyd vir die Gabriëlskloof “Favourite Things” Mark van 14 tot 16 Desember. Kontak info@gabrielskloof.co.za om meer oor die mark te wete te kom.
  • Die Groote Post Kersmark vind plaas op Sondag, 16 Desember van 09:00 tot 15:00. Besoek grootepostcountrymarket.co.za vir meer inligting.
  • Op soek na die ideale Kersgeskenk? Die Transoranje Market by transoranjemarket.co.za is ‘n nuwe aanlynwinkel wat nou die plek van die bekende Kersmark, wat jaarliks by die Transoranje Skool vir Dowes in Pretoria gehou word, ingeneem het. Die aanlynwinkel is steeds ‘n uiters belangrike deel van die skool se fondsinsameling om aan al die spesiale behoeftes van leerders met doofheid te kan voorsien. Transoranje Skool maak voorsiening vir die onderrig en opvoeding van ongeveer 200 leerders met doofheid vanaf die ouderdom van 3 jaar oud tot skoolverlating. Skakel 012 386 6072 vir meer inligting.
  • Die volgende Sterrekykpieknieks by die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg vind plaas op 8 Desemberen 5 Januarie 2019. Die toegangsprys is R40 per volwassene en R10 per kind; kaartjies is by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer sleg is. Skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae.
2018-12-01T12:43:35+00:00