Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

Ruik hoe lekker!

Elizabeth Arden My Fifth Avenue Eau de Parfum is ‘n ode aan New York en dinamiese en energieke vroue en ruik onder meer na suurlemoen, lotusblom en muskus. R795 vir 50 ml.

Adagio Eau de Toilette deur Optiphi moedig jou aan om tot rus te kom, die pas te verslap en tyd te maak vir jouself. Dié geur is die perfekte kombinasie van blomme, hout en speserygeure. R787 vir 50 ml.

Vir hardwerkende hande

Crabtree & Evelyn Gardeners-reeks produkte is oorspronklik geformuleer met tuiniers in gedagte. Dié reeks luukse troetelprodukte is vanjaar 21 jaar oud en bevat strelende kruie- en plantekstrakte om die vel te koester en te versorg. Kyk uit vir die Liquid Hand Soap (R480),ultra-moisturising hand therapy (R350 vir 100 gr),Gardeners Soap (R190)en Body Wash (R450). Lees meer by www.crabtree-evelyn.co.za.

Uit die grond

Soil Organic Aromatherapy is ‘n plaaslike produkreeks afkomstig uit KwaZulu-Natal. Al die produkte in die reeks word gemaak van organiese aromatiese olies afkomstig van plante wat op die SOIL-plaas gekweek word en is 100% organies gesertifiseer. Vir meer inligting oor dié produkreeks besoek www.soil.co.za.

Verniet vir jou

Matsimela Home Spa vier die feestyd in ‘n gees van omgee en erbarming. Koop produkte ter waarde van R600 en jy ontvang ‘n gratis dra-sak wat deur plaaslike vroue gehekel is. Die sakke is in ‘n verskeidenheid kleure beskikbaar. Besoek www.matsimela.co.zavir meer inligting.

Nuut op die rak

Dermalogica rapid reveal peel gee die effek van ‘n salonbehandeling tuis. R1 495.

Beaucience Botanicals anti-age day cream SPF15 voed die velmet gousblom, neroli, malva en ylang-ylang. R189,99.

Eucerin Sun Gel Cream Dry-Touch Oil Control SPF50+ beskerm ‘n olierige vel teen die son. R239,99.

Mzuri Beauty Cleansing Face Wash Neem & Turmericreinig die vel met aktiewe kruie-bestanddele. R77,50.

skinPhD PauseAGE Cellceutic Day Advanced Dermal Moisturiser herstel die vel se beskermingslagie. R730.

NUXE Multi-Purpose Dry Oil | Face Hair Body is ‘n veeldoelige droë olie wat die vel en hare voed. R290.

Organics Anti HairFall Shampoo voed die hare wat uitval met ginseng en amandelolie. R45,99.

Theravine Hydrating Eye Gel behandel die vel met druifpit-ekstrak, ‘n kragtige anti-oksidant. R322.

Essence #insta perfect liquid makeup strong matt effect skep ‘n vleklose prentjiemooi gelaat. R99,99.

2018-11-01T12:39:22+00:00