Dagboek

Vir November

Lééf so… met hart & siel

Iets om te doen

Maak speel en lag deel van jou lewe, dit is ‘n wonderlike manier om jou welstand te bevorder.

Iewers om te kuier

Vier die somer met ‘n yskoue verfrissende drankie Flame’s by The Four Seasons The Westcliff. www.fourseasons.com.

Iets om voor te bid

Kom lê jou behoeftes voor God neer. Jou gebede maak vir God saak en Hy ken die begeertes van jou hart.

Iets om te maak 

‘n Lensieslaai is gesond en propvol heilsaamheid. Lees meer by www.pouyoukas.co.za.

Iets om oor na te dink

Daar is elke dag iets om te ontdek. Kies om uit elke geleentheid wat oor jou pad kom iets te leer.

Iewers om te eet 

The Restaurant @ The Nek in Constantia het pas sy deure geopen en sjef Dylan Laity is aan die stuur van sake in die kombuis.

Iets vir jou huis

Maak ‘n draai by een van Hertex se landwye vertoonkamer-winkels. Daar is pragtige stoffeer- en gordynmateriaal te kies en keur. www.hertex.co.za

Iets om te koop 

Tyd om te plant. Kyk uit vir Poetry se nuwe reeks treffende gebruiksartikels vir huis en tuin. www.poetrystores.co.za.

Iets om te onthou

“Ware vriendskap is nie te koop nie en vind sy lus in gee.” Norma Rossouw

Dagboek

  • Jy kan nog Lééf se stalletjie by die Mosaiek Expo, Daniellestraat, Fairland besoek tot Saterdag die 3e November om 15:00.
  • KAMERS/Makers 2018 Stellenbosch vind plaas by dieBlaauwklippen-landgoed vanaf 30 Oktober tot 4 November. Daagliks vanaf 9:00 – 17:00.
  • Nataniël tree op by die Hoërskool Durbanville Auditorium op Vrydag, 2 November en Saterdag, 3 November. Kaartjies kos R240. Bespreek vir die konserte by www.venuedaria.co.za.
  • Wêreld Diabetes Dag word gevier op 14 November.
  • Suid-Afrika se voorste bergfietsresies, die Origins of Trials MTB Experience, vind plaas in Stellenbosch op Saterdag, 24 en Sondag, 25 November. Kies tussen ‘n 1-dag pretrit, ‘n 2-dag lang rit of ‘n 2-dag kort rit. Besoek stillwaterssport.comvir meer inligting.
2018-10-30T21:08:18+00:00