Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Elkeen van ons se voorkoms dra die onuitwisbare tekens van wat werklik in ons binneste leef.” Elizabeth Cady Stanton

Ruik die somer!

Elizabeth Arden Greentea & Fig Eau de Toilette vier die oordaad en vreugde van die somer met die geur van ryp vye, groentee, klimopblaar, muskus en salie. R445 vir 100 ml.

Elizabeth Arden Sunflowers Summer Air Eau de Toilette herinner aan ’n sagte somerbries enis ’n ligte en verfrissende geur wat ruik na suurlemoen, appel, rose en jasmyn. R445 vir 100 ml.

Vernuwe jou vel

  • ’n Pragtige vel begin by uitstekende velsorg.The Laser Beautique Cinderella NIR Facial is ’n vernuwende behandeling wat jou vel op sy mooiste laat lyk, fermer en varser. Dié behandeling span ‘naby-infrarooi-tegnologie’ (NIR) in om die vel te vernuwe en weer te laat straal. Hitte en lig word gebruik om die kollageenweefsel en fibroblaste te stimuleer en bloedsomloop te aktiveer. Die behandeling duur ongeveer een uur en is relatief pynloos en is die ideale behandeling om te ondergaan voor ’n spesiale geleentheid. Dié uitmuntende gesigsbehandeling kos R1 000. Lees meer oor The Laser Beautique se omvattende reeks behandelinge by thelaserbeautique.co.za.
  • Optiphi Lipohidroxy Acid Peel Treatment is ’n nuwe generasie afskilferingsbehandeling waar beta-hidroksiesuur ingespan word om die vel te vernuwe. Die afskilfering werk diep in die vel se lagies en word nie aan tyd nie, soos met ander afskilferings nie, maar aan die diepte waar daar in die vel gewerk word, gekoppel. Geen neutralisering is vir dié behandeling nodig nie. Die afskilfering (LHA) het ’n oliebasis wat toelaat dat die effek van die behandeling tot vier dae lank voortduur om so nie net van dooie oppervlakselletjies ontslae te raak nie, maar ook die vel van binne te vernuwe. Lees meer by optiphi.com.

Vir voller wimpers

Die meeste vroue begeer digte wimpers. Nou kan jy met die hulp van die RefectoCil Eyelash Lift Kit (R1 100) jou wimpers binne minute dikker laat vertoon vir tot ses weke lank. Spesiale vormpies gemaak van silikoon help om die wimpers te lig en nie te krul nie. Kollageen word boonop hiermee saam ingespan om die wimpers te voed. Besoek www.refectocil.co.za om uit te vind waar jy dié produk in die hande kan kry.

Nuut op die rak

RVB Skinlab Diego Dalla Palma Professional Echinacea Black Cumin nectar serum verbeter die vloei van suurstof om die vel te vernuwe. R395.

Filorga Flash-Nude [Fluid] Pro-Perfection tinted fluid SPF 30skep ’n natuurlike voorkoms aan die vel. R520.

African Extracts Rooibos Gentle Finishing Polish is ’n romerige afskilferaar met appelkoospit en aloe vera-ekstrak. R74,99.

Gatineau Melatogenine AOX Probiotics Youth Activating Beauty Serum vernuwe ’n lewelose, verouderende vel. R1 195.

Kies ’n skakering van lila vir die somer. Mavala Nail Colour Cream in Reykjavik kos R87.

Catrice Ultimate Colour Lipstick in In a Rosegarden gee jou lippe die kleur van rose. R79,95.

Schwarzkopf Gliss Supreme Length Conditioneris ideaal vir die versorging van lang hare. R52,99.

Epimax Ultra Ointment behandel ‘n uiters droë en seer vel. R75.

Morlage & Yorke Frangipani Ylang Luxury Soap maak van badtyd bederftyd. R59.

2018-09-30T16:01:33+00:00