Dagboek

Vir Oktober

Lééf so… met hart & siel

Iets om te doen

Die Stanford Village Market vind elke Saterdagoggend plaas op die stoep van die Standford Hotel, Stanford.

Iets om te geniet 

Verlustig jou in die sonsondergang. Bewonder die mooi kleure van dié hemelse palet.

Iets om te probeer

Besluit vandag om uit jou gemaksone op te staan en te doen wat Hy jou vra.

Iets om oor na te dink

As ons ons verhoudings wil verander moet ons ons denke verander – Dr. Caroline Leaf

Iets om te vier

Kyk na die Skepping om jou, sien die nuwe seisoen en lewe raak. Sê dankie vir Sy genade wat elke môre nuut is.

Iewers om te gaan eet

Saigon Suzy bedien eg-Vietnamese kos. Geleë in Jan Smutsrylaan, Parkwood, Johannesburg.

Iets om te onthou

Vir God die Vader is niks onmoontlik nie – niemand wat op Hom hoop, is nog ooit teleurgestel nie.

Iets om voor dankie te sê

Hou boek deur die loop van die dag van alles waarmee God jou seën. Sê saans dankie vir elke ding op jou lys.

Iets om voor te bid

Here Jesus, maak my stil sodat ek U stem sal hoor. – Milanie Vosloo

Dagboek

  • Op 10 Oktoberis die Wêreld Geestesgesondheidsdag. Dra ’n lawwe hoed of neem deel aan een van die Crazy for Walking-stapgebeure wat regoor die land sal plaasvind. Besoek https://crazyhatlife.info/of crazyforwalking.co.zavir meer inligting.
  • “What we need is here”. Dié groepskunsuitstallingvind plaas van 11 tot 13 Oktober by Welgemeend, Welgemeendstraat 2, Tuine, Kaapstad. Werke van Nelia Andrag, Eylene Clifford, Paula Dubois, Sarel Greyling, Hermien van der Merwe en Karen Yssel word uitgestal.
  • Verlang jy na die plaaslewe en watertand plaaskos? Die Groot Plaasproe op Sandringham buite Stellenbosch is waar liefhebbers van tradisionele lekkernye vanjaar kan smul aan roosterkoek, wildsvleis, skaapstertjies, wyn en méér, oor drie dae van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober. Vir meer inligting, besoek diegrootplaasproe.co.za.
  • Die Avon/Justine Ithemba Walkathon 2018 vind plaas op 21 Oktoberten bate van borskankerlyers en om bewussyn te bevorder. Besoek ithembawalkathon.co.za as jy wil saamstap.
  • Op 26 & 27 Oktoberis dit weer tyd vir die Madeliefie Makietie op Strandfontein aan die Weskus. Vir inligting oor die program besoek www.madeliefiemakietie.co.za.
  • Op 27 Oktober vind die It’s time-byeenkoms in Tshwane/Pretoria Die bid-en-waak byeenkoms word gelei deur Angus Buchan. Besoek www.angusbuchan.co.za vir meer inligting.
2018-09-29T13:01:04+00:00