Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

‘Om die lewe ten volle te geniet, dít is ’n vrou se beste skoonheidsmiddel.’ Rosalind Russel

Geur-avontuur

Die nuwe Le Eaux de Chanel-reeks vars fyngeure is deur ontwerper, Coco Chanel, se drie gunstelingbestemmings geïnspireer; naamlik Biarritz, Venesië en Deauville. Le Eaux de Chanel Paris-Biarritz, Le Eaux de Chanel Paris-Venise, Le Eaux de Chanel Paris-Deauville (R2 070 vir 125 ml) neem jou op ’n geurige reis wat herinner aan vreemde bestemmings en nuwe avonture. Paris-Biarritz laat jou dink aan ’n sagte seebries, Paris-Venise aan geheimsinnige Oosterse geure en Paris-Deauville aan die vars geur van ’n wandeling deur groen velde.

Toets jou DNS

  • Die skoonheidshuis, Optiphi, het met gespesialiseerde toetse vorendag gekom waar jy die gesondheid van jou vel en lyf kan bepaal deur DNS-toetsing. ’n Eenvoudige DNS-toets bepaal die kondisie van die vel en word daar gekyk na merkers soos sensitiwiteit, inflammasie, soepelheid en meer. ’n Verdere gesondheidstoets bepaal onder meer risiko-faktore as dit kom by moontlike siektetoestande en help om dieëtriglyne te gee wat die beste by jou genetiese samestelling pas. Hierdie holistiese benadering verfyn nie net die kuns van velsorg nie, maar kan ’n bepalende rol speel in die toekomstige veroudering van jou vel, al dan nie. Vir meer inligting, besoek optiphi.com.
  • Beauté de Pacifiquemaak gebruik van ’n spesiale skanderingsapparaat wat die gehalte van die kollageen in jou vel bepaal. Die toets weerspieël die werklike toestand van jou vel, veral ten opsigte van kollageendigtheid wat die onderbou van ’n gesonde vel vorm. Gepaste produkte wat die kollageenweefsel versterk en die digtheid daarvan verbeter word na aanleiding van dié toets aanbeveel wat tot gefokusde velsorg lei. Stuur ‘n epos aan Debbie Wolfendale by info@shewolf.co.zaof skakel 0834477064 om meer van dié toets te wete te kom of die skandering te ondergaan. Slegs beskikbaar in Johannesburg en Kaapstad.

Mooier met grimering

MUDse oulike Smitten Collection (R650) help jou om ’n pragtige en natuurlike grimeervoorkoms te skep. Dié professionele grimeerreeks bied nie net ’n wye verskeidenheid gehalte-grimering nie, maar ook opleiding as dit kom by die korrekte aanwending van grimering. Besoek www.mudsa.co.za vir meer inligting en om uit te vind waar ’n MUDstudio in jou omgewing is.

Vars & skoon

Die reeks handseep en -rome van The Cowshed lyk nie net mooi in jou badkamer nie, maar help ook om hardwerkende hande te vertroetel en te versorg. Die heerlike seep en rome bevat onder meer geurige olies soos pomelo en laventel asook voedende vitamien E. Die produkte kan aanlyn bestel word by www.woolworths.co.zaof besoek andersins https://beautifulage.co.zavir ’n lys van winkels waar die produkte in jou omgewing verkoop word.

Nuut op die rak

Nivea 1 Minute Urban Detox Mask Moisturise suiwer en bevogtig die vel met groentee en hialuroonsuur. R99,99.

Dermalogica biolumin-c serum brightening vitamin c serum verhelder die vel van binne met kragtige vitamiene C. R1 495.

Sisley Phyto lip delight plomp, gee glans en troetel die fyn vel van die lippe. R690.

Optiphi Body Curve Solar Shield Body-Active SPF50 Solar Defence beskerm teen die verouderende aanslag van die son. R424.

Salongehalte Inoar Photoshop Shampoo en Conditioner sorg dat hare elk dag prentjiemooi lyk! R500 vir beide.

SVR Sensifine Fluide Dermo-soothing fluid intolerant and polyallergic skin streel en bevog ’n uiters sensitiewe vel. R360.

Gebruik RefectoCil Lash & Brow Booster daagliks om wimpers en wenkbroue voller te maak. R550.

Elizabeth Arden Visible Difference Replenishing HydraGel Complex verhoog die vel se vogvlakke vir ’n volle 24 uur. R299.

Nivea Perfect & Radiant Sensitive Day Cream Sensitive Skin SPF15 maak die gelaat meer egalig sonder om dit te irriteer.

2018-08-29T19:09:52+00:00