‘Mooi nés ek is!’

Jare lank het sy gesukkel om haar sproete én haarself te aanvaar. Maar vandag weet Getroud met rugby-aktrise en Epi-max-ambassadeur, Marijke van der Westhuizen, sy is mooi nés sy is.

As dit kom by jou voorkoms en ’n goeie selfbeeld, gee Marijke die volgende raad en wenke aan vroue en jong meisies:

  • ’n Sterk en gesonde lyf huisves ’n positiewe gemoed en siel.
  • As daar iets aan jouself is wat jy graag wil verander, soos om byvoorbeeld gewig af te skud, moedig ek jou aan om dit te doen. Maar aanvaar dié dinge wat jy nie kan verander nie onvoorwaardelik en sonder om gedurig verskoning daarvoor te maak.
  • Luister na jou lyf, gee jou lyf wat dit nodig het; jou lyf loop die pad sáám met jou!
  • Die lewe bestaan uit soveel meer as om net te probeer inpas. Ontdek jóú innerlike skoonheid en omarm dit op elke moontlike manier.
  • Ek dink nie daar is ’n enkele vrou onder ons wat al die antwoorde het oor hoe om jouself waarlik te aanvaar nie. Maar dit is deel van die lewe. Neem vandag die eerste tree op ’n ontdekkingstog na jou ware self wat lei tot innerlike vrede en om gemaklik in jou eie vel te wees.
  • Aanvaar elke kompliment met grasie en dankbaarheid. Dink so daaraan: Daardie persoon sien iets raak wat jy self nie sien nie.
  • Vervang negatiewe gedagtes oor jouself met positiewe, opbouende gedagtes. Jy alleen is verantwoordelik vir hoe jy jouself sien en wat jy daaroor uitstraal. Glo dat jy goed en mooi genoeg is.
  • Moenie toelaat dat sosiale media en die samelewing bepaal wat mooi is en wat jou selfbeeld definieer nie. Jy is mooi nés jy is!

Koester jou vel

Epi-max Cream Tub (R65 vir 400 g) is die gewildste produk in die Epi-max-reeks. Hierdie staatmaker is bekend vir die ongelooflike hoeveelheid vog wat dit gee, omdat dit jou vel se buitenste beskermingslaag versterk. Die resultaat is ’n streelsagte vel. Epi-max Bathe (R55 vir 250 ml) is ideaal vir die winter! Dié badolie bevat vitamien E, laventel- en nagblom-olie; ideaal om jou te laat ontspan en jou vel ná ’n lang dag te voed. Epi-max Hand Cream (R50 vir 75 g) is ’n moet vir enige handsak. Hou hierdie handeroom byderhand om jou hande deurgaans te voed en sag te hou. Epi-max Plus Foot Cream (R50 vir 125 g) bevat urea wat help om water in die vel te bind, daarom is hierdie room ideaal om droë en harde vel, soos jou hakke en voete, te vertroetel.

2018-08-01T19:52:53+00:00