Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir kleingoed..

Uitvee-Bybelaktiwiteitsboek Ou en Nuwe Testament

Hierdie boeke bied ’n prettige manier waarop kinders kan leer om te tel en ’n pen vas te hou deur middel van bekende Bybelverhale. In die Uitvee-Bybelaktiwiteitereeks word kinders aangemoedig om te tel terwyl hulle die kolletjies verbind. Hulle sal ure se pret hê, terwyl hulle karakters uit die Ou- en Nuwe Testament help om hulle pad te vind en die pragtige prentjies voltooi. Kinders word ook aangemoedig om hul verbeelding te gebruik deur sekere Bybelse tonele te voltooi. Elke bladsy kan skoongemaak word om kinders vir ure lank besig te hou, terwyl hulle oor en oor oefen. Die boeke bevat tien stories uit die Ou Testament en elf stories uit die Nuwe Testament met Skrifverwysings. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=uitvee

My skatkis-Bybeltjie (herdruk)

Deur Karin T. Juhl

My skatkis-Bybeltjie is ’n uitstekende bekendstelling vir kleuters aan God se wonderlike wêreld. My skatkis-Bybeltjie bestaan uit agt stories uit die Ou Testament en twaalf stories en gelykenisse uit die Nuwe Testament. Die Bybelstories word kort en eenvoudig oorvertel sodat kinders ook deel kan hê aan die wonderlike boodskap van die Bybel. Kinders sal die stories in hierdie saamdra-Bybeltjie oor en oor wil lees. Die handvatseltjie sal ook verseker dat hy nooit by die huis bly nie! Die boek is deur Nancy Munger geïllustreer. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/my-skatkis-bybeltjie-kartonboekie

My Prinses-Bybel (herdruk)

Deur Andy Holmes

Daar is vir dogtertjies min dinge so lekker soos om prinses-prinses te speel! Elke dogtertjie is ’n prinses omdat God die koning is. God maak dogtertjies spe­siaal. Hy is die Vader in die hemel en het elke dogtertjie onbeskryflik lief. My prinses-Bybel bied 20 stories oor vroue in die Bybel wat vir elke klein dogtertjie sal wys wat dit beteken om waarlik ’n prinses te wees – God se prinses! Deur die lewens van vroue soos Sara, Mirjam, Rut en Elisabet sal dogtertjies belangrike waardes leer soos om hul gesinne lief te hê, beloftes te hou en gaaf te wees teenoor ander. Met hierdie pragtige prinses-boek sal klein dogtertjies ontdek hoe onvoorwaardelik lief die Koning elkeen van hulle het. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/my-prinses-bybel-kartonboekie

My eie joernaal-Bybel – vir meisies

Deur Carolyn Larsen

My kreatiewe joernaal-Bybel met die volledige NLV-teks in enkelkolom, breë kantlyne met woordkuns en plek vir joernaalinskrywings is ’n unieke kleinood. Nou kan jong meisies tussen 8 en 12 jaar hierdie Bybel ook geniet met hierdie spesiale uitgawe. My eie joernaal-Bybel – vir meisies is ontwerp om meisies dieper in God se Woord in te lei. Dit bevat meer as 300 illustrasies om in te kleur, meer as 300 oordenkings en gebede spesiaal geskryf vir meisies en vrae om joernaal-inskrywings aan te moedig. Die boek leer meisies reeds op ’n jong ouderdom watter vreugde en waarde daar in Bybellees is sodat hulle ’n dieper verhouding met God kan ontwikkel en kosbare waarhede in die Bybel kan ontdek en uitleef. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=*%229781496426611%22*%229781496426659%22

Die Aksie-Bybel (herdruk)

Deur Doug Mauss en illustrasies deur Sergio Cariello

Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtige opbou na die opwindende hoogtepunt. Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ʼn volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor. Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure. Hierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/die-aksie-bybel-hardeband.

2018-08-01T20:27:53+00:00