Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Because of Gracia (DVD)

Chase Morgan wil graag sy naam gestand hou en iets groots in die lewe bereik. Dit is sy laaste jaar op hoërskool by Eastglenn High, maar hy voel nog net so onseker soos op sy eerste dag. Maar dan word dit duidelik dat ’n nuwe leerling by die skool alles gaan verander. Grácia is ’n meisie met charisma, intelligensie en oortuiging, maar is nie so vol selfvertroue as wat Chase en sy beste vriend OB dink nie. Sy het ’n donker verlede en maak dus vinnig vriende met Bobbi, ’n teruggetrokke klasmaat met ’n dominerende kêrel en afwesige pa. Wanneer Bobbi voor ’n groot kruispad in haar lewe kom en Chase te bang is om sy ware gevoelens te openbaar, oortuig Grácia haar vriende, onderwyers en selfs haarself om buite die status quo te beweeg. As gevolg van haar waagmoed, sien die mense om haar dit is nie so moeilik om jou sê te sê of jou liefde te verklaar nie. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/because-of-gracia-dvd.

15 Favourite Worship Songs: Great are you Lord (CD)

Hierdie album is ’n versameling van die gewildste Christelike liedjies die wêreld deur. Gunstelinge soos “We Believe” en “Come Alive” (Dry Bones) is by die album ingesluit. Die CD bied ’n goeie kombinasie van gewilde nuwe snitte, asook ouer liedjies. Liedjieskrywers se werke wat ook gehoor kan word is onder andere All Songs & Daughters, Paul Baloche, Michael Farren, Lauren Daigle, Rend Collective, Matt Maher en Jason Ingram. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/15-favourite-worship-songs-great-are-you-lord-cd.

Songs of Heaven and Earth Corey Voss (CD)

Songs of Heaven and Earth is Corey Voss se eerste vollengte album. Hy is veral bekend as die skrywer van Selah se treffer “I Got Saved”. Met hierdie album ondersoek hy die krag wat daar lofsang lê om mense se lewens te transformeer. Die album is ’n viering van die werk van die Skepper met kreatiewe lirieke geïnspireer uit die Bybel en die Skepping. Voss het al liedjies geskryf en opgeneem saam met bekendes soos Michael Farren, Lauren Daigle, Jared Anderson, Dustin Smith, All About Worship, People & Songs en The Rain Collective. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/songs-of-heaven-and-earth-cd.

Love Song For a City Martin Smith (CD)

Love Song For A City is ’n inspirerende versameling geestelike musiek deur bekende aanbiddingsanger, liedjieskrywer en vervaardiger van Brittanje, Martin Smith. Hy is veral bekend as die hoofsanger van die moderne aanbiddingsgroep Delirious, asook die groep Army of Bones. Hierdie CD sluit ’n enkelsnit deur sy dogter Elle Limebear in en is ook sy eerste solo album. Die album is regstreeks opgeneem in verskeie stede regoor die wêreld. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/love-song-for-a-city-cd.

Living with a fire Jesus Culture (CD)

Die snitte op Jesus Culture se nuutste CD Living With A Fire het elk ’n inspirerende boodskap van hoop, vreugde en die passievolle soeke na God se Teenwoordigheid in jou lewe. Die snit “Freedom” inspireer jou om tot God te nader nes jy is en die vryheid wat Hy vir ons gegee het te geniet en uit te leef. Vir Jesus Culture was dit nog altyd belangrik om God se goedheid in hul lewens uit te leef en daardeur ’n impak te hê op ander se lewens. Hierdie is die groep se elfde album en spog met snitte deur kunstenaars soos Kim Walker-Smith, Chris Quilalam Bryan en Katie Torwalt, Chris McClarney en Derek Johnson. Living With A Fire moedig elkeen aan om passie vir God in hul harte te vind, om die passie warm te laat brand en nooit te laat verflou nie. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/living-with-a-fire-cd.

2018-08-01T08:22:42+00:00