Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir kleingoed..

Die skepping en Noag se ark watervingerverf-boekies

Klein hartjies sal absoluut gek wees oor hierdie water-vingerverf-boeke. Kleingoed word op ’n Geesvervulde avontuur geneem, terwyl hulle die bladsye met water inkleur om die prettige illustrasies te laat verskyn. Met dié water-vingerverf-boeke hou die pret nooit op nie. Mammas kan gerus wees dat daar ook geen morsery is nie. Maak net ’n bekertjie vol water, laat jou kinders hulle vingers daarin druk en begin oor die bladsy verf sodat die prentjie kan verskyn. Sodra die bladsy droog is, verdwyn die prentjie en kan die kleingoed van vooraf begin. Bestel jou kopie by  https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=*%229781431620463%22*%229781431620456%22.

 

’n Skatkis vol stories

’n Skatkis vol stories deur Joy Mol stel kinders van jongs af bekend aan eeue oue Skrifwaarhede en beginsels wat hulle sal leer om werklik seuns en dogters na God se hart te word. Die pragtige en opwindende stories in hierdie boek help jong harte om die “versteekte skatte” in elke storie en die lewe te vind – soos wat dit beteken om vir jou medemens om te gee, eerlik te wees, jou geloof met ander te deel en hoe om die ewige lewe te beërf. Elke verhaal word afgesluit met iets om God voor te dank, asook iets prettigs om te doen of te maak. Die verhale word pragtig afgerond deur die bekoorlike illustrasies van Catherine Groenewald. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/n-skatkis-vol-stories-sagteband.

Die klassieke Kinderbybel-storieboek

Die klassieke Kinderbybel-storieboek deur Johan en Nina Smit is nou weer beskikbaar. Hierdie pragtige boek is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet. Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies beloof maklik-om-te-lees-stories tesame met ’n insiggewende Bybellees-ervaring. Die 200 stories in hierdie boek bied Bybelse waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees onvergeetlik sal maak. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/die-klassieke-kinderbybel-storieboek-hardeband.

 

2018-06-30T16:51:20+00:00