Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

David |  Andy Stanley

Hierdie is ’n reeks in vyf dele deur die bekende skrywer en prediker, Andy Stanley, oor een van die bekendste konings in die geskiedenis, naamlik Dawid. Dawid was ’n nederige skaapwagter, magtige kryger, ’n feilbare man, talentvolle digter en legendariese leier. Die DVD word in die volgende tema’s verdeel; The Reluctant Hero, Killer Giants, The Abigail Way, The Great King en When Dreams Come True. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/david-dvd-5.

 

Pat Barrett | Pat Barrett

Hierdie CD is sanger, liedjieskrywer en aanbiddingsleier, Pat Barrett, se debuut vollengte solo-album en die eerste vir Grammy-wenner Chris Tomlin se platemaatskappy Bowyer & Bow in samewerking met Capitol Christian Music Group. Barrett en Tomlin het met die album deur amper 55 moontlike liedjies gewerk wat deur Barrett geskryf is, om die 12 keursnitte vir die uiteindelike album te kies. Die CD bied ’n mengsel van inspirerende, geestelike en soms ook persoonlik uitdagende liedjies. Baie hiervan word deur Barrett alleen uitgevoer en ander weer in samewerking met sangers soos Steffany Gretzinger en Amanda Cook. Barrett is baie opgewonde oor die 12 snitte wat hulle gekies het. “Hierdie liedjies het my gehelp om meer te vertrou en dieper lief te hê. Die liedjies wat die grootste impak op my lewe gehad het, is dié wat ek die mees opgewonde  oor is om met die luisteraar te deel,” sê Barrett. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/pat-barrett-cd.

 

2018-07-02T22:00:16+00:00