Dagboek

Vir Julie

Lééf so… met hart & siel

Iets om te ontdek 

Het jy geweet orgidieë is veral die tyd van die jaar beskikbaar? Koop joune nou by ’n blomme- of groentewinkel naby jou.

Iets om te geniet 

Crumbs & Cream se winterspyskaart sal jou jou lippe laat aflek. www.crumbsandcream.co.za

Iets om jou in toe te woel 

Hinterland-komberse word gemaak van sybokhaar en wol. Kry joune by www.linendrawer.co.za.

Iets om te proe

Vier die lekkerte van rooiwyn by die Gabriëlskloof Che Syrah-geleentheid op 28 Julie. www.gabrielskloof.co.za.

Iets om oor na te dink

Praat met God tydens jou stiltetyd oor wat jy moet doen om vrygewig te wees.

Iewers om te kuier 

Maak ’n draai vir koffie en inkopies by Hertex Fabrics by Justice Mahomedstraat 869, Brooklyn, Pretoria.

Iets om voor te bid

Here, ek praat te veel. Gee my die genade om te begin om na U te luister.

Iets om te doen 

Bespreek vir ’n Delheim-landgoed Jazz & Kaasfondue by www.webtickets.co.za.

Iets om te onthou

God het jou lief nes jy is. Niks kan hierdie wonderlike werklikheid verander nie.

Dagboek

  • Van 5 tot 8 Julie is dit weer tyd vir die Open Studios in Prins Albert in die Klein Karoo. Besoek kunstenaars en handwerkkunstenaars aan huis en besigtig hulle ateljees en handwerk. Vir meer detail besoek Facebook (@PrinceAlbert.WesternCape), Twitter (@prince_albert_tourism) en Instagram (@PrinceAlbertZA).
  • Brei ʼn lang pad na vryheid oop vir Mandela-dag. Dié inisiatief, wat in samewerking met die Paarl Museum en Vriende van Paarl Museum asook die Dorkas en Busy Beez vroueklubs gedoen word, skakel in by die dag se doel om individue te inspireer om die wêreld ’n beter plek te maak deur 67 minute van hul tyd te gee om ’n verskil in iemand se lewe te maak. In aanloop tot die dag kan skenkings van nie-bederfbare kos, skryfbehoeftes en klere ook by die museums afgelaai word. Deelnemers kan behoeftiges se harte warmer laat klop en hulle help om die winter te trotseer deur ʼn kledingstuk, hetsy ʼn serp, trui of kombers, vir hulle te brei. Mense kan ook vooraf items brei en op die dag afgee of in die museum voltooi. Die breiwerk sal op 18 Julie saam met sop en brood aan behoeftige volwassenes en kinders uitgedeel word. Enige skenkings van wol, nie-bederfbare kos, skryfbehoeftes vir kinders, bruikbare ou klere en komberse is ook welkom. Dit moet teen 11 Julie 2018 afgegee word by die Afrikaanse Taalmuseum in Pastorielaan of Paarl Museum op Van der Lingenplein.
  • Neem van Vrydag, 20 Julie tot Sondag, 22 Julie deel aan die trapNET 360 fietsry- en familibyeenkoms by Supersport Park in Centurion. trapNET 360 bied twee fietswedrenne wat oor die naweek plaasvind. Die hoofwedren vind op Sondag, 22 Julie plaas. Hierdie byeenkoms is ’n 100km padfietswedren, waarin deelnemers deur die mooiste strate van Pretoria gaan jaag. Inligting is beskikbaar op die webblad by www.trapnet.co.za.
2018-06-30T16:35:27+00:00