Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“As ’n blom nie getrou aan sy natuur leef nie, kwyn dit. So ook die mens.’ Henry David Thoreau

Goue geur

Elizabeth Arden Sunflowers Fine Fragrance Mist herinner aan die somer en sonskyndae. R195 vir 263 ml.

Juicy Couture Glistening Amber Eau de Parfum is ’n soet amber en muskusgeur met ’n tikkie frangipani. R1 895 vir 100 ml.

Christina Aguilera Glamx Eau de Parfum ruik na mandaryn, karamel-perskes, anys en lemoenbloeisel. R425 vir 60 ml.

Vlekloos

Chanel Les Beiges Sheer Healthy Glow Tinted Moisturiser SPF30/PA++ is ’n ultra-fyn vloeimiddel wat die vel bevog en ’n eweredige kleur gee. Dit versag die vel en verbeter met die hulp van spesiale filters die tekstuur van die vel om dit meer egalig te laat vertoon. R760.

By kerslig

Die SoyLites Retail Studio het pas sy deure in Eerstelaan in Linden, Johannesburg geopen. Hier kan jy kies en keur tussen geurige kerse gemaak van soja-olie wat die vel bevog en ander omgewingsvriendelike lyfprodukte. Die winkel is oop van 8:00 tot 16:30, Maandae tot Vrydae en van 9:00 tot 13:00 op Saterdae. www.soylites.co.za

Soos ‘n bloeisel

Jo Malone het pas ‘n vrolike reeks fyngeure, propvol bloeisel- en blomgeure, bekendgestel. Kyk uit vir die Cherimoya Cologne (R1 765 vir 100 ml), Cattleya Orchid Body Mist (R910 vir 100 ml), Nashi Blossom Cologne (R1 915 vir 100 ml), Sakura Blossom Cologne (R1 915 vir 100 ml) en die Plum Blossom Cologne (R1 915 vir 100 ml). Dié geure is slegs vir ‘n beperkte tydperk beskikbaar. Die geure kan ook aanlyn gekoop word by www.jomalone.co.za.

Nuut op die rak

Elizabeth Arden Superstart Probiotic Cleanser Whip to Claybevat mineraalryke klei om die vel te diepreinig. R425.

Eucerin Sun Oil Control Gel-Cream Dry Touch SPF 50+ is die ideale sonroom vir ’n olierige of akneevel. R214,99.

Crabtree & Evelyn Citron & Coriander 60 Seconds Fix For Hands Kit Energising Hand Recovery & Hand Therapy word aan die hande masseer om die vel te vernuwe. R800.

Justine A-Firm Time Reversal Anti Aging Day Cream SPF25 help om die tekens van veroudering te beveg. R489.

Die Matsimela Litchi & Rose Pamper Set maak van badtyd bederftyd met die geur van lietsjie en roos. R300.

Elizabeth Arden Prevage City Smart Broad Spectrum SPF 50 PA++++ Hydrating Shield beskerm teen al die aggressors wat die vel aftakel en verouder.  R795.

Clarins SOS Comfort Nourishing balm mask is ’n romerige masker wat die vel met mango-botter voed. R515.

Skin PhD Collagen Skin Supplement verbeter die vel se elastisiteit en vogvlakke. R1 410.

Morlage & Yorke Frangipani & Ylang Luxury Soap bevat ’n vitamiene-kompleks en blom-ekstrakte om die vel te versag en te reinig. R59.

2018-06-21T09:18:16+00:00