Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir kleingoed..

Beer en sy wollerige maats & Panda en sy wollerige maats

Ervaar die wonderlike wêreld van die skepping saam met Panda en sy vriende en van Noag se ark saam met Beer en sy vriende. Nuuskierige klein vingertjies sal dit geniet om die teksture van die verskillende diere in die skepping en in Noag se ark te ontdek. Die kleurvolle illustrasies, tesame met wollerige stukkies materiaal, stel peuters bekend aan verskillende diere, terwyl die stories hul meer vertel van God se skepping en Noag se ark. Hierdie boekies is ideaal om peuters se tassintuig te help ontwikkel en is albei ook beskikbaar in Engels. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=*%229781431620470%22*%229781431620487%22.

God se wêreld en Noag se ark – My eerste skuif-en-speel-boek

Peuters is nuuskierig en leergierig en hou van alles wat beweeg. Hierdie eienskappe word wonderlik ingespan in die My eerste skuif-en-speel-boekies, God se wêreld en Noag se ark. Hierdie twee bekende Bybelstories word eenvoudig oorvertel en is interaktief met legkaartstukkies wat maklik op en af en van links na regs kan skuif. Hierdie oulike stories sal selfs die klein-klein hartjies se aandag vasvang. Ideaal vir kinders tussen 0 en 3 jaar om hulle te help om hul motoriese vaardighede te ontwikkel. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=*%229781431620760%22*%229781431620777%22.

 

2018-05-31T22:36:02+00:00