Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Connect Kirk Cameron

In ’n wêreld waar sosiale media heers, het die slimfoon ’n kulturele simbool van aanvaarding vir tieners geword. Maar is dit nét verkeerd? Die vraag is hoe moderne ouers hul kinders kan toerus om te floreer en te oorleef in ’n vinnig-veranderende digitale wêreld. En op watter maniere jy jou kinders kan beskerm teen die baie gevare van die slimfoon. Die aanlyn-wêreld waarin ons kinders leef, skep soms ’n verwronge realiteit waar vriendskap en ‘volgelinge’ verwar word. Met hierdie DVD word daar ’n in-diepte ondersoek gedoen oor die voordele, gevare en grense wat elke ouer, onderwyser, prediker en jeugleier van bewus moet wees en moet oorweeg wanneer hulle kinders se gebruik van tegnologie monitor en beperk. Hierdie DVD is nie net vir ouers nie, maar kan ook waardevolle kykmateriaal vir tieners wees.Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/connect-dvd.

Naam bo elke naam – Hillsong

Hierdie besonderse nuwe album word in eg-Hillsong styl aangebied. Dit bevat bekende en gewilde Hillsong-liedjies wat deur Hillsong SA in Afrikaans gesing word! Hierdie album gaan verseker groot aanklank by Suid-Afrikaanse gehore vind en is die ideale manier om God in jou eie taal te prys en te eer deur middel van geestelike musiek. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/naam-bo-elke-naam-cd.

Beautifully Broken – Plumb

Tiffany Arbuckle Lee, beter bekend as Plumb, is ’n sanger en liedjieskrywer wat al meer as 500 000 albums wêreldwyd verkoop het. Haar splinternuwe album, Beautifully Broken, is geïnspireer deur en spesiaal geskryf vir haar dogter. Die titelsnit “Beautifully Broken” is bedoel vir elke meisie wat gebroke voel en herinner hul daaraan dat elkeen van ons pragtig en kosbaar is, ongeag ons gebrokenheid. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/beautifully-broken-cd.

God of the Impossible – Lincoln Brewster 

God Of The Impossibleis die bekende lofsanger Lincoln Brewster se tiende album. Hierdie pragtige album is gebore uit ’n persoonlike reis waar Brewster opnuut dié waarheid ontdek het: God ons Vader is in beheer van alles en niks kan ons van Sy liefde skei nie. Snitte op die album soos “No One Like Our God,” “Here I Am,” “Tidal Wave” herinner ons daaraan dat God groter is as enige probleem of struikelblok. Brewster is betrokke by die Bayside Church in Sacramento California as senior pastooor en het hy hierdie album in samewerking met dié kerk se kreatiewe span en lofsanggroep, Thrive, aangepak. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/god-of-the-impossible-cd.

Breakthrough – Chris McClarney

Chris McClarney se nuutste vollengte album, Breakthrough, is ’n verklaring van diepgaande hoop en geloof. Elke snit herinner ons dat God alle dinge nuut maak en dat Hy ons met liefde en passie omvou as ons ons lewens aan hom oorgee. McClarney se wens met hierdie album is dat alle mense wat hierna luister God se liefde sal ervaar. Die album bevat 10 nuwe en oorspronklike lofprysingsliedere wat gemeentes vir jare lank sal kan geniet. Die album is einde 2017 by die Jesus Culture Church in Sacramento opgeneem. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/breakthrough-cd.

2018-05-31T21:04:27+00:00