Dagboek

Vir Junie

Lééf so… met hart & siel

Iets om te doen

Pak ’n slag weer jou boekrak reg. Jy sal verbaas wees hoeveel ongeleesde juwele daar versteek is.

Iets om te ontdek 

Prins Albert Extra Virgin Olive Oil is deesdae by uitgesoekte takke van Woolworths beskikbaar. Kyk uit daarvoor!

Iets om te bid

Plaas vandag jou behoeftes in God se hande en die bekommernisse van jou hart en gedagtes in Sy sorg.

Iets om oor na te dink 

Laat God toe om die las van jou skouers af te haal. Dit waaroor jy besorgd is, is vir Hom belangrik.

Iewers om te kuier

Bespreek vir ’n spesiale viergang Chefs and The Vine-ete by La Petite Ferme in die Franschhoek-omgewing.

Iets om te onthou

God roep jou tot ’n lewe van integriteit. Staan sterk in jou geloof as alles om jou donker lyk.

Iets om te geniet

Koop ’n potjie organiese heuning by ’n plaasstalletjie of direk van ’n byeboer en proe die verskil.

Iets om te koop

Roosgoud eetware is hoogmode. Dié stel messe, vurke en lepels is van Mr. Price Home en kos R399.

Iets om te proe

Teroir Restaurant op die Kleine Zalze-wynlandgoed het pas hul winterspyskaart bekendgestel.

Dagboek

  • Op 12 Junie is dit weer tyd vir die Look Good Feel Better gholfdag by die Randpark Golf Club in Johannesburg ten bate van hierdie organisasie wat na die behoeftes van vroue met kanker omsien. Bespreek by glenda@lgfb.co.za.
  • Vier Vadersdag in die Nuyvallei op 17 Junie by Nuy on the hill, geleë op die koppie by die Nuyvallei-afdraai op die R60 tussen Worcester en Robertson. ’n Tradisionele spyskaart word aangebied deur welbekende chef en Nuy on the hill mede-eienaar, Wilna van der Westhuizen, teen R275 per persoon. Besprekings is noodsaaklik en kan gemaak word by 023 347 0272 of onthehill@nuywinery.co.za.
  • Die bekende Classics-musiekkonsert word op Saterdag, 9 Junie ,aangebied by die nuwe Menlyn Maine, Sun Arena @Time Square in Pretoria. Musiek in al sy glorie word gevier – alles van Bon Jovi tot Andrew Lloyd Webber, van Cyndi Lauper tot Evanescence wat deur top plaaslike kunstenaars én internasionale sangers vertolk sal word. Opgevoer met ’n volle simfonie-orkes en natuurlik Suid-Afrika se beste stemme. Koop jou kaartjies by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Jy kan ook aanlyn bespreek by computicket.com.
  • Die Delheim-landgoed se gewilde Jazz & Kaasfondues vind elke Sondag plaas vanaf 24 Junie tot 26 Augustus. Dit kos R450 en sluit alle kos, wyn en vermaak in. Kaartjies kan gekoop word by www.webticket.co.za.
  • Van 28 Junie tot 8 Julie vind die jaarlikse National Arts Festival in Grahamstad plaas. Besoek nationalartsfestival.co.za vir meer inligting oor die feesprogram.
2018-05-31T21:52:30+00:00