Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Dalk omvou jou heelheid jou gebrokenheid as deel van jou lewe.” Ann Voskamp

Sag en vroulik

Elizabeth Taylor White Diamonds Lustre Fine Fragrance Mist omvou jou met ’n fyn geurmis. R265 vir 263 ml.

Avon Little Sequin Dress Eau de Parfum ruik na ylang-ylang, mandaryn en muskus. R390 vir 100 ml.

Justine Wisteria Eau de Parfum is ’n vrugtige chypre geur met die reuk van sitrus, patsjoeli en vanielje. R349 vir 100 ml.

Méér vog vir jou vel

’n Vogtige vel is ’n gesonde én mooi vel. Chanel Hydra Beauty Micro Liquid Essence (R1 635) en Masque De Nuit Au Camélia (R1 360) bevat ’n kombinasie aktiewe bestanddele wat nie net die vel bevog nie, maar dit ook in staat stel om homself te beskerm en te vernuwe. ’n Nuut-ontwikkelde mikro-vloeistof smelt weg in die vel met elke aanwending. Die voggewende voordele van die kamelia-blom word ingespan om die vel op sy mooiste te laat lyk. Die luukse aanbly-masker word saans aangesmeer.

Vlekloos

Elizabeth Arden Flawless Finisk Everyday Perfection Bouncy Makeup is ’n veeldoelige onderlaag wat nie net die vel bedek nie, maar ook vernuwe. Die onderlaag bevat onder meer peperment, ginseng en kaffeïen om ’n moeë vel op te kikker. Die onderlaag het ’n veeragtige jel-tekstuur wat die vel vlekloos laat lyk en span vernuwende tegnologie in wat die vel in staat te stel om vog te absorbeer. R475.

Laventel & koffie

Crabtree & Evelyn Lavender & Espresso Hydrating Hand Therapy (R400) skep ’n behaaglike gevoel van balans en rustigheid deur die geur van laventel met die geur van varsgemaalde koffie te vermeng. Daar is ’n volledige reeks lyfprodukte in dié en ander salige geure soos onder meer Rosewater & Pink Peppercorn, Citron & Coriander en Pear & Pink Magnolia beskikbaar. www.crabtree-evelyn.com.

Nuut op die rak

Dermalogica calm water gel bevog en streel ’n droë en sensitiewe vel. R890

Placecol Collagen Reconstruct Therapy help om die vel se kollageen-onderbou te versterk. R315.

Eucerin Dermo Purifyer Oil Control Scrub suiwer die porieë sagkens en help om aknee te bekamp. R149,99.

Avon Care Pink Magnolia hand, nail & cuticle cream troetel hande, naels en droë naelvliesies. R45.

SVR Topaliase Gel Lavant Gentle Protective Cleanser is die ideale reiniger vir ’n sensitiewe vel. R187

Hannon Volume More Hair Volumising Conditioner gee volume aan fyn hare. R185.

NeoStrata Tri-Therapy Lifting Serum is geformuleer om die vel te verferm, die veltoon te verbeter en die vel se tekstuur te verglad. R1 026.

Filorga Optim-Eyes Lotion Eye make-up remover serum reinig, bevog en vernuwe die vel en versterk die wimpers. R450.

Sisley Facial Mask with Linden Blossom is ’n luukse masker wat die vel in ’n kits verfraai. R1 690.

2018-04-30T20:06:26+00:00