Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

How to get wat you really want Andy Stanley

Daar is dinge wat elkeen van ons graag wil hê en voel dit soms asof die lewe ’n alewige gejaag is daarna om hierdie dinge te kry. Ons wil doen wat ons wil en ons wil dít wat ons wil hê, dádelik hê. Om te kry wat jy wil hê, is nie altyd maklik nie en kan soms selfs gevaarlik wees vir jou. Boonop word ons behoefte na méér dikwels al hoe groter. Nou kan ’n mens jouself afvra of jy nie dalk besig is om die verkeerde dinge na te jaag nie en waarom en hoe jy in hierdie siklus beland het? Andy Stanley sê: “Jy sal nooit werklik kry wat jy wil hê, voor jy nie weet wat vir jou belangrik is nie.” Hierdie DVD is ’n studie in vier segmente wat jou kan help om uit te vind wat dit is wat jy werklik wil hê.  Jy word daaraan herinner dat as jy Jesus volg, jy ook dinge sal navolg en najaag wat vir jou van waarde is. Bestel jou kopie van dié DVD by https://www.cumbooks.co.za/how-to-get-what-you-really-want-dvd.

Passion Whole Heart 

Passion Whole Heart is opgeneem tydens die 2018 Passion-konferensie wat deur sowat 30 000 studente bygewoon is. Al die snitte op die album is spesifiek vir Passion 2018 geskryf en spog met optredes deur onder andere Crowder, Matt Redman en Kristian Stanfill. Daar is al meer as 1,9 miljoen CD’s verkoop sedert die eerste Passion album in 1998 uitgereik is. Passion 2018 het tussen 1 en 3 Januarie 2018 by die Phillips Arena in Atlanta, Infinite Energy Arena in Duluth en The Anthem in Washington plaasgevind. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/whole-heart-cd.

There is more Hillsong Worship 

Genesis 32 vertel die verhaal van Jakob wat deur die nag met die engel van God geworstel het.  Na daardie nag het Jakob ’n nuwe naam gehad, is hy opnuut geseën en het hy selfs op ’n nuwe manier geloop nadat sy heup in die worsteling beseer is. Hierdie CD is bedoel om elkeen wat daarna luister se geestelike groei opnuut aan te wakker. Die betekenis van die titel, There is More, is kragtig en sê dat daar baie meer op die spel as wat ons dink as dit kom by ons geloof. Ons siele, die gemeenskap, families en nasies kan daardeur geraak word. Daar is ook meer van God én van sy liefde as wat ons onsself kan indink. Die CD spog met snitte soos “Who You Say I Am”, “Be Still”, “The Passion” en “New Wine”.  Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/there-is-more-cd.

Miracle Or Not Alisa Turner

Liedjieskrywer, Alisa Turner,  se vollengte debuut-album spog met 13 snitte en is ’n perfekte kombinasie van Alisa se passievolle lirieke, sang en klavierbegeleiding. Elke liedjie dra ’n unieke boodskap van aanbidding, hoop en verlossing. Die hooftema van dié album én titelsnit “Miracle Or Not” is die volgende: al voel dit vir jou asof jy nog vir jou wonderwerk wag en met iets in jou lewe worstel, sien God raak waarmee jy elke dag worstel. Al stuur Hy nie dadelik die wonderwerk waarop jy hoop nie, beteken dit nie dat Hy nie dáár is vir jou nie. Beskikbaar 11 Mei 2018. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/miracle-or-not-cd.

2018-04-30T19:50:26+00:00