Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Niemand kan teruggaan en heeltemal van nuuts af begin nie, maar jy kan vandag begin en ’n splinternuwe einde maak.” Angelique du Toit

Op ’n geurige noot

Sisley Soir de Lune Eau de Parfum is soet en speseryagtig en ruik na bermoetpeer, jasmyn en heuning. R1 670 vir 30 ml.

Ruik lekker van kop tot toon met Thierry Mugler Alien Body Lotion. R760.

Giorgio Beverly Hills Fine Fragrance Mist omvou jou daglank met sagte geur. R225.

Spesiaal vir Ma

Kyk uit vir die Matsimela Lithci & Rose geskenkpakke propvol geurige badbederf. Die lieflike houtkrat sluit in drie badballe, ’n lyfskrop en badkristalle teen R450. Besoek www.matsimela.co.za vir meer inligting.

Kyk met ander oë

By Cell Restore in Faerie Glen, Pretoria, word daar met ’n nuwe holistiese benadering na jou gesondheid en welstand gekyk. Sub-sellulêre wetenskap, biochemie en tegnologie word hier ingespan om persoonlike oplossings vir gesondheidskwellinge te bied. Daar word klem gelê op voeding en die samestelling van selle. Vir meer inligting, besoek cellrestore.co.

Nuut op die rak

Justine A-Firm Time Reversal Anti-Ageing Serum bevat verfermende plant-ekstrakte om die voorkoms van die vel te verbeter. R529.

Filorga Sleep & Lift Night Cream is ryk aan vernuwende plantekstrakte, kollageen en hialuroonsuur. R1 095.

PREVAGE® City Smart + DNA Enzyme Complex™ + Anti-Pollution + Antioxidants Broad Spectrum SPF 50 PA++++ Hydrating Shield bied uitstekende beskerming teen besoedeling. R795

Optiphi Clarity Serum Skin Calming Regulator help om ‘n ontsteekte vel te bedaar. R545.

Placecol Clean Start Facial Wash laat die vel daglank vars voel en is geskik vir die hele familie. R325.

Milk Solutions Milk & Honey Softening Foot Lotion help om voete en hakke te versag. R203.

Sisley instant correct color correcting primer skep ’n egalige porseleingladde gelaat. R880.

So lyk Jessica Phenom Vivi Colour se jongste kleurversameling, genaamd Phenom. R240 elk.

B.O.N Moisturising Cleanser is sag en romerig en geskik vir ’n sensitiewe vel. R79,99.

2018-04-16T09:18:19+00:00