Leesgoed vir kleingoed

Kweek van jongs af ‘n liefde by jou kinders vir die Woord. Hier is van die jongste lekkerleesboeke vir kleingoed..

Bybelstories vir dogters

Die opwindende stories in Bybelstories vir dogters, tesame met die lewendige illustrasies, is ’n prettige manier om jong meisies tussen 6 en 10 jaar aan dapper en godvresende vroue in die Bybel bekend te stel. Hierdie Bybelstorieboek gee ’n kykie in die lewens van inspirerende vroue soos Rut, Ester, Maria en nog vele meer. Elke karakter word op ’n eenvoudige manier aan dogters bekendgestel, terwyl die stories verder verryk word met historiese feite en agtergrondinligting oor die karakter. Dogters se geloof sal versterk word terwyl hulle lees hoe die verskeidenheid karakters – deur God se liefde en genade – hulle twyfel en vrees oorkom het om te doen wat God vra. Die eenvoudige taalgebruik maak die stories maklik om te lees en te verstaan, en is daarom die ideale Bybel vir jong meisies. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=Bybelstories+vir+dogters.

Bybelstories vir seuns

Die opwindende stories in Bybelstories vir seuns met illustrasies is ’n prettige manier om jong seuns tussen 6 en 10 jaar aan dapper en godvresende manne in die Bybel bekend te stel. Hierdie Bybelstorieboek gee ’n kykie in die lewens van inspirerende manne soos Josef, Dawid, Petrus en nog vele meer. Elke karakter word op ’n eenvoudige manier aan seuns bekendgestel, terwyl die storie verder verryk word met historiese feite en agtergrondinligting oor die karakter. Seuns se geloof sal versterk word wanneer hulle lees hoe die verskeidenheid karakters – deur God se liefde en genade – hulle twyfel en vrees oorkom het om te doen wat God vra. Die eenvoudige taalgebruik maak die stories maklik om te lees en te verstaan, en is daarom die ideale Bybel vir jong seuns. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=Bybelstories+vir+seuns.

Die Bybel vir kinders

Hierdie tydlose stories uit die Bybel is die ideale manier om kinders tussen 3 en 6 jaar aan die Bybel bekend te stel. In Die Bybel vir kinders word bekende Bybelstories gekombineer met kostelike waterverf-illustrasies. Kinders sal die stories uit die Ou en Nuwe Testament oor God se verhouding met sy kinders geniet. Die stories sluit in Abraham se groot trek, die mure van Jerigo, Daniël en die leeukuil, Jesus se geboorte in Betlehem, die laaste ete en ander. Die pragtige illustrasies en tydlose teks maak hierdie Bybel die ideale geskenk vir klein hartjies. Beide kinders en ouers sal dit koester. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/die-bybel-vir-kinders-hardeband.

My Bybelstorieboek oor Jesus

Die Bybel vertel een storie, en dit gaan oor Jesus. Hierdie oulike, interaktiewe Bybelstorieboek gee kinders die groot prentjie oor God se storie. My Bybelstorieboek oor Jesus bevat 100 stories wat heenwys na Jesus en is ’n opwindende reis deur die Bybel. Die prentjies word ook lewendig met die gratis toepassing wat afgelaai kan word met ’n QR-kode in die boek. Elke storie in My Bybelstorieboek oor Jesus wys vir ses- tot tienjarige kinders hoe God die hele tyd beplan het om mense te red. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/my-bybelstorieboek-oor-jesus-hardeband.

Die Berenstain Bears ®

Die baie gewilde Berenstain Bears® wat oorspronklik in 1962 gepubliseer is, is weer op die rak en hierdie keer in ‘n reeks pragtige 5-in-1 en 3-in-1 boekies. Die Bybelse waardes en lewenslesse wat kinders deur hierdie tydlose boekies leer is van onskatbare waarde. Kies tussen die pragtige 5-in-1 boekies Show God’s Love en Follow God’s Word of een van die 3-in-1 boekies Treat Others Kindly of Lessons in Love. Bestel joune by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=Berenstain+Bears+.

2018-03-29T19:23:49+00:00