Dagboek

Vir April

Lééf so… met hart & siel

Iets om te vier 

Hy het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan! Lééf met die wete dat Hy vir ons sondes betaal het.

Iets om te pluk

Ruik en proe! Niks smaak lekkerder as soet appels wat sommer van die boom gepluk is nie.

Iets om oor na te dink 

Woorde is magtig. Met een woord kan God ons lewe verander en kan ons die verloop van iemand se dag beïnvloed.

Iets om te onthou

Laat jou strydgevegte aan God oor en vertrou Hom in tye van swakheid. Hy gee jou die krag wat nodig is.

Iets om voor te bid 

Here, herinner my dat ek tot alles in staat is deur U wat my krag gee … (Fillipense 4:13)

Iets om te doen

Bly ’n slag tuis. Maak tyd om stil te sit en die mooi van jou voortuin te geniet.

Iets om te plant

Plant rye blaarslaai in potte by die agterdeur. Dis makliker as wat jy dink om jou eie slaai te kweek!

Iets om te proe

Gekleurde worteltjies in skakerings van oranje geel en rooi verleen ’n tikkie swier aan ’n gewone maal.

Iets om te doen

Lê jou drome voor God se voete neer. Vertrou Hom vir leiding en die perfekte tydsberekening.

Dagboek

  • Luister onder meer na Jak de Priester by die Taalmonument se Amfi-konsert op 6 April vanaf 18h30. Kaartjies is vooraf beskikbaar by Computicket. Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek taalmonument.co.za.
  • Stylargitek, Nina Brown, bied op 14 April ’n Define Your Design-werksessie op Stellenbosch aan vanaf 09h00 tot 17h00. Om te bespreek, kontak tinka@ninabrown.co.za. Die kursus kos R750 en sluit koffie, tee nota’s en ’n ligte middagete in.
  • Kom kuier op 21 April om 10h00 saam met skrywer, Marzanne Leroux-Van der Boon en Lééf-redakteur, Christine Ferreira by die bekendstelling van Marzanne se tiende boek in die bekende Israel-reeks, Ter wille van die vaders. Die boekbekendstelling vind plaas by die Tygervallei-konferensielokaal by die Tygervallei-winkelsentrum, Bellville, Kaapstad. Koste: R80, sluit ’n oggendtee met tipiese Israelse verversings in. Kaartjies kan aanlyn bespreek word by tixsa.co.za. Skakel andersins vir Clare Williams by 021 – 406 3477 of stuur e-pos na Clare.Williams@nb.co.za
  • Vanaf 26 April tot 1 Mei is dit weer tyd vir die gewilde Tierlantynkies Kuier en Koopfees by 3Ci, 56 Saalstr, Zwavelpoort, Pretoria-Oos. Vir meer inligting besoek tierlantynkies.co.za
2018-03-29T19:24:09+00:00