Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Belowe my jy sal altyd onthou: Jy is dapperder as wat jy glo, sterker as wat jy voorkom en slimmer as wat jy dink” Winnie the Pooh

Vir die liefde van geur…

La Perla la Mia Perla Eau de Parfum is ’n ode aan vroulikheid en ruik na eksotiese wit blomme, mandaryn, witpeper en sandelhout. R1 250 vir 50 ml.

DKNY Nectar Love Eau de Parfum kombineer onder meer die geur van heuning met lemoenbloeiselolie (neroli) en freesia om ’n onweerstaanbare geur te skep. R1 115 vir 50 ml.

Wen!

Een gelukkige leser kan ‘n geurige geskenkpak met DKNY Nectar Love Eau de Parfum ter waarde van R1 115 wen.  Stuur jou naam en kontakbesonderhede aan navrae@leef.co.za saam met die antwoord op die volgende vraag: Noem een van die geurnote van DKNY Nectar Love Eau de Parfum. Sluitingsdatum: 28 Februarie 2018.

Bederfplek

Ek is onlangs deur Skin Sense Day Spa genooi om ’n oggend by dié spa in die hartjie van Rivonia, Johannesburg deur te bring. Skin Sense day Spa is ’n bekroonde spa wat reeds vanaf 1996 bestaan. Die spa met sy Balinese gevoel bied ’n wye reeks behandelinge om jou van kop tot toon te pamperlang en op jou mooiste te laat lyk. My oggend het afgeskop met tyd in die stoomkamer, waarna ek met ’n vollyfmassering bederf is. Daarna was dit tyd vir ’n manikuur en pedikuur, terwyl ek heerlik in ’n groot gemakstoel kon ontspan. Die oggend se behandelinge is afgesluit met ’n diepreinigende Mary Cohr-gesigsbehandeling deur ’n uiters bekwame terapeut. Hierna is ek bederf met ’n heerlike middagete in die restaurant op die perseel. The Cooking Accountants bedien gourmet-maaltye met sjef, Brett Shaw, aan die stuur van sake in die kombuis. Vir diegene wat dit verkies, is daar ’n haarsalon waar jou hare na afloop van die behandeling versorg word. Om meer uit te vind oor Skin Sense Day Spa besoek www.skinsense.co.za. Skin Sense Day Spa is geleë op die hoek van Agtstestraat en Wesselweg, Rivonia, Johannesburg. 011 807 6281.

Mooiwees met ’n verskil

Die skoonheidshuis, Elizabeth Arden, ondersteun die Sparrow Society om so ’n verskil in ander se lewens te maak. Ontvang dié pragtige grimeersakkie (gemaak deur vroue wat deur die Sparrow Society opgelei en ondersteun word) gratis as jy twee of meer Elizabeth Arden-produkte koop. Een van dié produkte moet ’n vogroom, serum of onderlaag wees. Die aanbod is geldig in Foschini-winkels tot 4 Februarie, in Truworths vanaf 12 Februarie tot 4 Maart en in Edgars en Red Square-winkels vanaf 15 April 2018. Elk van dié winkels bied die sakkie in ’n verskillende kleur, maar met dieselfde toetsprodukte daarmee saam aan. Lees meer oor hierdie projek by http://makeavisibledifference.co.za

Nuut op die rak

Elizabeth Arden Around the World Eight Hour Cream is ’n ikoniese en geliefde (helende) room regoor die wêreld. Die beperkte uitgawe-buisie kos R285.

La Mer the eye and expression cream is ’n luukse oogroom wat die genesende krag van die oseaan inspan. R4 400.

Clarins Blush Prodige Illuminating Cheek Colour in Miami pink gee glans én kleur aan die gesig. R440.

Optiphi Classic Hydra-Derm HA Masque is ’n ligte, voggewende masker ideaal vir ’n droë en dowwe vel. R625.

Epimax lotion lightweight moisturising lotion bevat spesiale voggewende bestanddele en help vir ekseem en ’n vel wat ekstra-droog is. R53 vir 450 ml.

.

Reinig ’n sensitiewe lyf met strelende Eau Thermale Avéne Cold Cream Ultra Rich Cleansing Gel Body. R179,95.

Placecol Conditioning Lip Therapy Daily Protector bevog droë lippe met klapperolie en sonnneblomsaadwaks. R65.

Sisley Rose Scented Candle ruik na die roos van Izia en omvou enige vertrek met die geur van roos, amber en sandelhout. R945.

Troetel hardwerkende hande met Jenam Cotton Tail Hand Lotion. R50.

2018-02-01T09:23:11+00:00