Fliek & musiek

Hier is van die jongste DVD en CD aanbiedinge op die mark vir lekker kyk en luister!

Is Genesis History?

Is Genesis History? bied ’n fassinerende blik op Bybelse, historiese en wetenskaplike bewyse en ontdekkings oor die skepping en die groot vloed. Verskeie wetenskaplikes deel hulle kennis oor die wêreld om ons en hoe dit ooreenstem met die eerste boek van die Bybel, Genesis. Hierdie interessante film sal die manier waarop jy die wêreld sien ongetwyfeld verander. Die skepper van “The Truth Project” Dr. Del Tackett neem kykers op ’n ontdekkingstog deur klowe, oor berge en onder die see in ’n ondersoek oor twee kompeterende sienings … maar een bindende waarheid. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/is-genesis-history-dvd

Reckless Love Cory Asbury 

Die album Reckless Love is aanbiddingsleier en liedjieskrywer Cory Asbury se eerste album as Bethel-kunstenaar en tweede album van sy loopbaan. Cory beskryf Reckless Love as ’n eerlike en sielvolle reis reg tot in die hart van die Vader. Die titel-snit “Reckless Love” is ’n noodsaaklike vertelling van ’n verhaal uit die Skrif – ’n Vader se begeerte om in ’n hegter verhouding te wees met diegene wat Hy geskep het, ken en onvoorwaardelik lief het – en is gebaseer op die gelykenis van die verlore skaap van Matteus 18. Dit vertel hoe jy as mens jou identiteit in God kan vind en hoe jy dan uiteindelik deur Hom ten volle en finaal gevind en gered kan word. Cory Asbury is bekend vir sy veelsydige en sielvolle klank en sy vokale aanslag met Reckless Love en die akoestiese snitte maak hierdie album meer eerlik en treffend as enige van sy vorige werk. Betsel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/reckless-love-cd.

Good News Rend Collective 

Good News is die sesde ateljee-album deur die gewilde groep Rend Collective en vertoon hulle kenmerkende energieke klank en boodskap van vreugde en hoop. Die groep glo dat dit nie altyd moontlik is om goeie nuus vir mense te bring nie, maar wel om die voorbeeld van Jesus te volg en die goeie nuus vir mense in nood te wees. Die album bevat veral lofprysing wat fokus op genade en die krag van versoening in verlossing. Die musiekvideo vir een van die snitte op die album “Rescuer” is meer as 1,7 miljoen keer gekyk in die eerste 60 dae wat dit beskikbaar was en is dus die Rend Collective snit wat die vinnigste en die meeste nog gekyk is. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/good-news-cd-1

OnsVader Volume 3 Oase 

In hierdie derde album van die OnsVader-reeks, fokus die lofprysingsgroep van die Oase-gemeente in Klerksdorp op die Drie-Eenheid van God. Die lirieke is geweeg en gemeet om te pas by hulle ervaring rondom die rol en funksie van die Vader, Seun en Heilige Gees. Daar word ook gefokus op die rol wat ons as die liggaam van Christus hier op aarde moet speel. Dié groep se wens is dat hierdie album mense deur aanbidding tot ’n dieper verhouding met God sal lei. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/onsvader-volume-3-cd

Sal dit altyd glo Danie Botha 

Die album dra ’n sterk boodskap: God maak in Sy groot liefde elkeen van ons ’n koning. God se gees spreek voortdurend tot ons harte. Deur hierdie album sê Danie Botha dankie vir die onbeskryflike genade wat ons elke dag onverdiend ontvang. Die klank van kitaar sal jou siel streel, terwyl die Kaapse kwêla-klanke jou hemel toe laat dans. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/catalogsearch/result/?q=Sal+dit+altyd+glo

Everything or Nothing Carrollton 

Daar is splinternuwe liedjies op hierdie CD deur Carrollton en die eerste enkelsnit van die album “Shelter” is reeds baie gewild op radio. Die CD dra een oorhoofse boodskap: dat jy in alles wat jy doen afhanklik van God is. Bestel jou kopie by https://www.cumbooks.co.za/everything-or-nothing-cd

WOW Hits 2018 (Deluxe Edition)

Die grootste Christelike kunstenaars, die beste liedjies – alles op een CD. Hierdie dubbel-CD bied die gewildste Christelike kunstenaars en musiek, soos gehoor op Christelike radio regoor die wêreld. Daar is 36 snitte op twee CD’s wat jou verseker sal inspireer! Die CD’s is beskikbaar vanaf 6 Oktober en kan bestel word by https://www.cumbooks.co.za/wow-hits-2018-deluxe-2cd

2018-02-01T10:02:37+00:00