Dagboek

Vir Februarie

Lééf so… met hart & siel

Iets om te pluk

Krismisrose staan nou vol in die blom. Pluk ’n armvol vir iemand na aan jou hart.

Iets om te vier 

Vier Valentynsdag vanjaar by die Ritz Hotel in Kaapstad met romantiese ’n sewegang-ete en dans.

Iets vir jou huis 

Pragtig in pienk vir die kombuis. Dié mooie glase is van Woolworths.

Iewers om te kuier 

Gabriëlskloof naby Botrivier hou op 11 Februarie ’n Valentynsfees met goeie kos, wyn en Franse trekklaviermusiek.

Iets om te ruik

Laat die soet geur van soetemaling of tuberose jou huis vul. Dié geur is ’n gunsteling in die skep van parfuum regoor die wêreld.

Iets om te doen 

Verklaar jou liefde op papier. Dié pragkaartjies is van Ivytree Studios en kan aanlyn bestel word.

Iets om voor te bid 

Here, maak my vandag weer opnuut bewus daarvan dat U die bron van alle lewe is.

Iets om oor na te dink 

“U wys vir my die lewenspad; in U teenwoordigheid is vreugde…” Psalm 16:11

Iets om te versamel 

Gaan snuffel ’n slag in tweedehandse winkels vir ou silwerware teen winskopiepryse.

Dagboek

  • Riana Nel tree op Saterdag 3 Februarie by die Tuinteater by die Taalmonument in die Paarl op. Die vertoning begin om 20h00. Vir verdere inligting, skakel 021 863 0543/4809 of besoek taalmonument.co.za
  • 4 Februarie is Wêreld Kankerdag en vind die Jozi Cancer Warrior Walk by die Johannesburg Dieretuin plaas. Kaartjies, ten bate van die Borskankerstiging, kos R100 per persoon. Om te bespreek, kontak support@quicket.co.za
  • Vanaf 11h00 tot 17h00 word daar op 4 Februarie ’n somermusiekkonsert by die Vergenoegdlandgoed op Baden Powellweg net buite Stellenbosch gehou. Musikant Matthew Mole tree onder meer op. R150 per persoon, kinders onder 10 kry gratis toegang. Vir meer inligting besoek www.vergenoegd.co.za.
  • Die Magdalenahuis bied op 14 Februarie om 19h00 ’n Valentynsdans en ete by Eensgezind in Durbanville aan. Stuur ’n epos aan elsa@magdalena.org.za vir meer inligting. Fondse word ten bate van die Magdalenahuis ingesamel.
  • Die Kitty and Puppy Haven bied op 17 Februarie ’n sonsondergang-piekniek van 17h00 tot 19h00 aan by 37 Modderfonteinweg, Midrand. Dié organisasie red en versorg verwaarloosde honde wat deur hul eienaars verlaat is. Vir meer inligting stuur ’n epos aan kphfundraising@gmail.com.
2018-02-08T07:10:24+00:00