Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Lag wanneer jy kan, vra om verskoning wanneer jy moet en laat vaar wat jy nie kan verander nie.” Skrywer onbekend (Uit Waarvoor wag jy dan? deur Angelique du Toit)

Gee ’n geur

Bederf ’n geliefde met een van drie spesiale beperkte aanbiedinge van Chanel No 5. Kyk uit vir die Limited Edition No 5 Fragments D’Or (R1 530), die Limited Edition No 5 L’Eau Twist and Spray (R1 835) en die Limited Edition No 5 L’Eau Bottle and Spray (R3 060).

Elizabeth Arden Sunflowers Sunlight Kiss Eau de Toilette omring jou met die geur van sonskyn en ruik na sitrus, appelblare, roos en jasmyn. R425 vir 100 ml.

Ruik die woud. Jo Malone English Oak & Redcurrant Cologne is die perfekte pasmaat vir die Jo Malone English Oak & Hazelnut Cologne. R1 750 vir 100 ml.

Koel in ’n kits!

Hier is 12 maklike maniere om die somerfeestyd daglank vars en mooi te bly.

  • Beskerm jou vel teen hitte-uitslag deur ’n paar druppels laventolie in jou badwater te gooi.
  • Reinig die gesig met ’n skuimreiniger in plaas van roomreiniger.
  • Bevog met ’n ligte vogroom wat nie die porieë sal verstop nie.
  • Kies ’n koue stort om jou hele lyf af te koel.
  • Geurige lyfpoeier laat hou daglank vars voel. Hou voete vars met verfrissende voetpoeier.
  • Dra ’n ligte onderlaag wat ’n sonskerm bevat.
  • Warm dae vra vir watervaste maskara.
  • Hou ’n beker yskoue water met komkommerskyfies byderhand.
  • Dra ’n hoed. Dit beskerm teen die son.
  • Kies ’n sagte somergeur wat na sitrus en wit blomme ruik.
  • Dra ’n lipstiffie in ’n ligte kleur wat ook die lippe sal bevog.

By die salon

Lyk jou vel dié tyd van die jaar moeg en afgemat? Bespreek dan gerus vir die nuwe en verbeterde Optiphi Classic Professional Facial by ’n skoonheidsalon in jou omgewing. Ek is onlangs met een van hierdie behandelinge bederf. Dié behandeling help nie net om die vel deeglik te bevog nie, maar die vel word behoorlik gesuiwer en vernuwe met die hulp van petiedes, botaniese ekstrakte en gevorderde bestanddele. Die behandeling sluit ’n salige massering en verkwikkende Optiphi Polyphenol Algae-masker in. Die behandeling kos tussen R550 en R700 (afhangende van die salon). Vir meer inligting en om uit te vind waar ’n salon in jou omgewing is wat die behandeling aanbied, besoek www.optiphi.com.

Weggee!

Drie gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak lyfprodukte ter waarde van R362 elk van Matsimela Home Spa wen. Die pak sluit in Matsimela rooibos & honey Body Butter, rooibos & honey Kalahari Bath Soak, rooibos & honey Kalahari Salt Scrub en ’n geurige badballetjie in. Stuur jou naam, adres en kontaknommer aan navrae@leef.co.za saam met die antwoord op die volgende vraag: Watter twee geure kom in hierdie wenprodukte voor? Sluitingsdatum: 31 Januarie 2018.

Nuut op die rak

Skinderm pure clarifying mask is ’n diepreinigende kleimasker wat nie die vel uitdroog nie. R280.

Elizabeth Arden Advanced Ceramide Capsules Daily Youth Restoring Eye Serum is spesiaal vir die fyn vel om die oë geformuleer. R655.

Optiphi Intense Retinol Serum vernuwe die vel met gevorderde bestanddele en ’n hoë konsentrasie retinol. R1 277

Soos die diepblou see. Clarins Ombre Matte Cream-to-Powder Matte Eyeshadow in midnight blue. R340.

Elemis Pro-Collagen Marine Oil versterk die kollageenweefsel en vernuwe die vel met mariene-ekstrakte. R1 440.

NeoStrata Smooth Surface Daily Peel help om die vel se tekstuur te verfyn en die gelaat te verhelder. R812.

Sisley instant glow primer word onder jou onderlaag aangesmeer om die vel te laat straal. R1 025.

Exuviance Sheer Daily Protector SPF50 PA++++ beskerm teen die son soos min! R517.

Filorga UV-Bronze Face + Anti-Ageing Sun Fluid beskerm nie net teen die son nie, maar bevat ook teenverouderingsbestanddele. R485.

2017-12-01T11:22:28+00:00