Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

“Ons moenie skoonheid met glans verwar nie. Skoonheid is ’n geskenk wat ons moet lééf.” John O’Donohue

Soos ’n vars seebries

John Varvatos Artisan Blu Eau de Toilette (vir hom) ruik na sitrus, vars kruie en aardse hout en herinner aan die Mediterreense See en omgewing. R1 395 vir 125 ml.

Salon-gehalte

Ek het onlangs die voorreg gehad om ’n Mary Cohr Peel & Lift- gesigsbehandeling (R490) te ondergaan. Dié Franse skoonheidshuis is een van my persoonlike gunstelinge. Die produkreeks is uitgebrei en daar word na elke veltipe omgesien. Die Mary Cohr Vital Essences vorm die basis van die reeks. Plantekstrakte en botaniese olies soos roosmaryn, laventel en salie vorm die basis van dié vloeimiddels wat die werking van produkte verbeter deur bestanddele dieper in die vel te laat penetreer. Die reeks is slegs by skoonheidsklinieke beskikbaar en is ’n bekostigbare skoonheidskopie wat uitstekende resultate lewer. Vir meer inligting oor produkte en behandelinge, besoek www.n-e-l.co.za.

Nuut op die rak

SBR Lipocream hou die vel se beskermingslagie en vogvlakke in stand. R134,95.

Eucerin Dermo Purifyer Oil Control Scrub suiwer porieë en beheer olierigheid. R149,99.

Dermalogica precleanse balm verwyder onsuiwerhede en grimering in ’n kits. R660.

Nivea Q10 plus C Anti-Wrinkle + Energy laat ’n dowwe vel weer straal. R169,99.

Optiphi Set The Canvas Flawless Finish Make-up Primer skep ’n egalige gelaat en laat onderlaag langer aanbly. R292.

O.P.I Pro Spa Protective Hand, Nail & Cuticle Cream voed met kosbare plant-olies en wit tee. R240.

Placecol Clearing Scrub Mask is ‘n 2-in-1 masker met suiwerende klei . R285.

Filorga Oil-Absolute Ultimate Anti-Ageing Serum 6-in-1 Radiance Boost Formula is ’n luukse serum wat die vel voed en versterk. R1 970.

Mandy’s Sensitive Cream Bleach bevat aloe vera en is veral geskik vir sensitiewe velle. R69,95.

2017-11-13T20:04:03+00:00