Dagboek

Vir November

Lééf so… met hart & siel

Iets om oor na te dink  

Jou lewe is in God se hand. Vertrou op Hom. Wéét Hy ís in beheer.

Iets om te proe

Omskep ’n gewone dis in iets ongewoons met die smaak van lemmetjies en granate.

Iets om te gaan eet 

Urbanologi by 1 Fox Precinct in die middestad van Johannesburg is pas as een van die bes ontwerpte restaurante in die Midde-Ooste en Afrika aangewys.

Iets om te koop

Roosgoud is ’n groot modekleur as dit kom by dekor. Dié bak (R399) is van Woolworths.

Iets om te maak  

Kekerertjies is propvol vesel en die perfekte bestanddeel vir ’n gesonde somerslaai.

Iets vir die tafel  

Mooi aards. Dek ’n meng-en-pas tafel met turkoois, groen, blou en mosterdgeel.

Iets om te geniet  

Dis somer! Pak ’n piekniek en kies koers na ’n boomryke park in jou omgewing.

Iets om voor te bid

Dra ons land en sy mense op aan die Vader. Bid vir uitkoms daar waar dit swaar gaan.

Iets om te bestel

Dié gebedskussing is spesiaal vir Lééf ontwerp. Bestel joune by faith@faithduriekussings.co.za.

Dagboek

  • Die Mosaïek Expo is nog aan tot die 4e November. Kom maak gerus ’n draai by Lééf se stalletjie. Die mark vind plaas by Mosaïek, Daniellestraat, Fairland. Oop van 09h00 tot 20h00, behalwe op Saterdag die 4e, wanneer die mark om 15h00 sluit.
  • Maak van 1 tot 4 November ’n draai by die Delmas Kersmark by die Hervormde Kerk se saal op Delmas. Die mark word vanjaar vir die 18e keer aangebied.
  • 24 November tot 3 Desember vind die jaarlikse Transoranje Skool vir Dowes Kersmark daagliks vanaf 09h00 op die skoolterrein by 855 Kerkstraat-Wes, Pretoria plaas.
  • 26 November word daar somerfees gevier tydens die Avondale Field to Feast-middagete. Die fees skop af met ’n trekkerrit en ’n besoek aan die landgoed se groentetuine. www.avondale.co.za
  • 30 November en 3 Desember. Twee bykomende Afrikaans is Groot-vertonings word by die Sun Arena by Time Square in Menlyn Maine, Pretoria gehou. Bespreek by Computicket.
2017-11-01T07:51:18+00:00