Tyd vir jouself

Tyd vir jouself

Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet & verskaf

Troetel jouself van kop tot toon. Dis goed vir liggaam, siel én gees.

‘Selfvertroue is aansteeklik. So ook ’n swak selfbeeld.’ Vince Lombardi

Glansryke geur

Giorgio Beverley Hills Gold Eau de Parfum is ’n ryk, Oosterse geur en ruik na pruim, kweper, jasmyn en Bulgaarse roos. R695 vir 50 ml.

Juicy Couture Viva la Juicy Glacé Eau de Parfum ruik na mandaryn, peer-sorbet, jasmyn, vanielje en sandelhout. R895 vir 50 ml.

Skone palet

Bobbi Brown laat jou gelaat op sy beste lyk met dié nuwe produkte; Bobbi Brown Instant Full Cover Concealer (R510) wat donker kringe mooi netjies verdoesel, Bobbi Brown Remedies No 91 Skin Reviver Concentré Revitalisant (R645) wat velgesondheid verseker en Bobbi Brown Extra Illuminating Moisture Balm (R915) om die vel sag en vogtig te hou. Besoek www.bobbibrown.co.za vir meer inligting en om produkte aanlyn te koop.

Uit Parys

Payot is ’n klassieke skoonheidshuis wat dateer uit 1920, maar beslis met die tyd tred hou. Dr. Nadia Payot het die reeks velsorgprodukte geskep met die doel om die voorkoms en gesondheid van vroue se vel te verbeter. Nadat sy die bekende ballerina, Anna Pavlova, ontmoet het, het sy ’n reeks gesigsoefeninge vir die vel ontwikkel. Die oefeninge is vandag steeds die basis vir ’n gesigsmassering met 42 bewegings. Klassieke produkte soos Payot Pate Grise vorm steeds deel van die wye produkreeks. Payot word by onder meer by Dischem en onafhanklike apteke en skoonheidsalonne verkoop. www.payot.com.

Nuut op die rak

Eucerin pH5 Soft Body Cream verminder velsensitiwiteit en is ideaal vir ’n droë en sensitiewe vel. R179,99.

Elizabeth Arden Lasting Impression Mascara gee uitsonderlike lengte en definisie aan die wimpers. R385.

Prevage city smart double action detox peel off mask suiwer die vel, verklein die porieë en beskerm met kragtige anti-oksidante. R850.

Dermalogica overnight retinol repair 1% help om die sigbare tekens van veroudering te verminder. R1 680.

Elizabeth Arden Sheer Kiss Lip Oil in Coral Caress gee kleur en bevog en voed jou lippe. R295.

PCA Skin collagen hydrator is ’n intensiewe en ryk nagroom met sjeabotter, olyfvrug-olie en soetamandel-ekstrak. R??

Sisley Thickening Gel bevat botaniese ekstrakte om wenkbroue mooi welig te laat lyk. R615.

Amz Loves by Jenam Soap Pop ruik na aarbeie. R33.

Clarins Joli Rouge Moisturizing Long-Wearing Lipstick in Guava. R320.

2017-12-09T15:53:25+00:00