Dagboek

Vir Oktober

Lééf so… met hart & siel

 

’n Plek om te gaan eet

Forti Grill & Bar in Menlyn Maine in Pretoria bedien eerlike en heilsame Italiaanse kos, sê sjef en eienaar, Fortunato Mazonne.

Iets om te onthou

Jou lewe is in God se hand. Hy is altyd met jou. Laat Sy liefde jou dag met vreugde vul.

Iewers om te kuier

Maak ’n draai by The Naked Kitchen & Coffee Bar in die Morningside-winkelsentrum in Johannesburg. Vars produkte, tuiskos en gourmet-koffie lê aan die hart van die spyskaart.

Iets om te oordink

Maak ’n dankbaarheidslysie van alles waarvoor jy wil dankie sê. Nooi die mense na aan jou om dieselfde te doen en gesels daaroor.

Iets om nóú te doen

Luke Dale-Robert se opskiet-restaurant, die Pop Luck Club, is nog net vir ’n paar weke lank oop by The Marabi Club in die Maboneng-distrik in Johannesburg. Gou spring dus!

Iets om voor te bid

Dra vandag jou gesin en familie aan God op. Bid vir hul veiligheid en beskerming en rus in die wete dat Hy getrou is.

Iets om te geniet

Vat die pad na die Overberg en hou stil by Gabriëlskloof vir ’n luilekker Sondagmiddagete-kuier. www.gabrielskloof.com.

Iets om te proe

Probeer gerus ’n vla-appel, ook genoem ’n kaneelappel of suikerappel. Dit het ’n lieflike romerige soet smaak. Kyk uit daarvoor by ’n groentewinkel in jou omgewing.

Iets vir die kombuis

Die lieflike swart soppot is pas deur Le Creuset bekendgestel. Besoek www.lecreuset.co.za vir meer detail.

Dagboek

  • 6 tot 8 Oktober vind die The World Needs a Father-kamp plaas by Radiokansel se Shekinah-kampterrein in die groter Mabula-natuurreservaat. Die kamp word deur Gerhard van Eck aangebied. Kontak Annemarie Esterhuizen by kamp@radiokansel.co.za om te bespreek.
  • Geopende Deure se jaarlikse Reisdag vind plaas op 14 Oktober by DRC Rooihuiskraal, Centurion. Kom vind meer uit oor hoe jy saam met dié organisasie in 2018 na lande, waar Christene vervolg word, kan reis en ’n verskil aan dié mense se lewens kan maak. Vir meer inligting, stuur ’n epos aan travel@opendoors.org.za.
  • Die volgende Baviaanskloof-toer in ’n 4×4 Unimog vind plaas vanaf 16 tot 20 Oktober. Kontak Hesmin by info@noorspoort.co.za.
  • Die jaarlikse AvonJustine Ithemba Walkathon vind plaas op 22 Oktober by Markspark, Johannesburg. Die doel van hierdie padloop is om bewussyn vir borskanker te kweek. Lees meer by ithembawalkathon.co.za.
  • Van 27 tot 29 Oktober is dit tyd vir die Loop saam met my-kamp met sprekers Janine van Niekerk, Cecil van Niekerk en Bosman Olivier. Die kamp vind plaas by Radiokansel se Shekinah-kampterrein in die groter Mabula-natuurreservaat. Kontak Annemarie Esterhuizen by kamp@radiokansel.co.za om te bespreek.
  • Die Namib Musiekfees vind vir die eerste keer plaas op 28 Oktober in Windhoek. Bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan en Leah sal optree. Besoek namibmusicfestival.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies kan bespreek word by www.webtickets.com.na.
2017-12-09T15:18:41+00:00