Lééf mooi

Dubbeld so mooi

Deur Christine Ferreira

Clarins se nuwe Double Serum [Hydric + Lipidic System] bevat nie minder nie as 20 aktiewe plant-ekstrake om veroudering teen te werk.

Dié ikoniese 2-in-1serum is vir die eerste keer in 1985 geformuleer. En Clarins stel vanjaar dié agtste generasie formulering hiervan bekend.

Die serum kombineer water-oplosbare en olie-oplosbare bestanddele om veroudering teen te werk en vyf noodsaaklike funksies van die vel te stimuleer. Met dié nuwe formule neem Clarins ’n ekstra stap in die dekodering van die taal van ’n jeugdige vel en word een van die beste teenverouderingsprodukte in die wêreld nou 30 jaar later weer herbekendgestel.

 Luister mooi

Na jare se navorsing het Clarins ’n sellulêre ‘luister’-stelsel in die vorm van mikro-lipiededraers of voertuie wat in die selmembraan funksioneer geïdentifiseer. Hierdie draers speel ’n groot rol in die boodskappe en taal van die vel. As die kommunikasie tussen selle nie behoorlik funksioneer nie, het dit veroudering van die vel tot gevolg: plooie en lyntjies, verlies aan fermheid en glans en vergrootte porieë. Navorsing het gewys dat ’n afname in die mikro-lipiededrares in die vel tot voortydige veroudering lei.

20 + 1

Om die vel se noodsaaklike funksies weer te stimuleer kombineer Clarins die kragtige werking van 20 aktiewe plant-ekstrakte in een uitsonderlike produk. Ekstrakte soos pluisdistel, organiese goji-bessie, skoonheidsbessie en wilde kastaiing help om die voer van suurstof na die selletjies te verbeter, terwyl organiese kiwi-ekstrak en Mary-disselolie die vel voed. Die kragtigste bestandeel, wat die selletjies se vermoë om te kan ‘luister’ verbeter, is egter gevind in borrie-ekstrak. Dié bestanddeel stimuleer die kommunikasie tussen selle en help om die funksies van die vel te verhoog. Met gebruik van die serum lyk die vel onmiddelik meer stralend. Binne ’n week is die porieë merkbaar kleiner en lyntjies sigbaar sagter en minder. Vogvlakke en elastisiteit verbeter en lyk die vel na ’n maand aansienlik jonger! En om alles te kroon word hierdie resultate deur uitgebreide kliniese toetse bewys en ondersteun.

Sysag

Die serum se bio-formule is deur die vel se natuurlike olie en waterbalans geïnspireer en het ’n sysagte tekstuur. Die rewolusionêre nuwe houer stel net die regte hoeveelheid serum wat nodig is vir die vel, beskikbaar. Geen druppel word vermors nie.

Herbarium

Dié plant-ekstrakte, hetsy afkomstig van die wortel, bas, saad, vrug, blom of blaar, kom in die nuwe Clarins Double Serum [Hydric + Lipidic System] voor: kakaoboom, gojiberry, Mary-dissel, borrie, edelweiss, pluisdistel, gemmerlelie, huang qi, mangoboomblaar, wilde kastaiing, myrothamnus, rooi jania, blaar van die lewe, kiwi, orthosipon, quinoa, seevinkel, organiese hawermout-suiker, avokado en skoonheidsbessie.