Meer oor Bernina

Voortreflikheid is dié familie se wagwoord.

Dié agterkleinseun is ‘n replika van sy oupagrootjie. 120 jaar gelede het die droom om die beste naaldwerkmasjiene in die wêreld te ontwikkel, Karl Friedrich Gegauf se innoveringsdrang laat inskop.Hierdie drang om te innoveer het uitgeloop op die “geboorte” van die BERNINA naaldwerkmasjien, tot en met vandag die simbool van Karl Friedrich Gegauf se strewe na voortreflikheid. Dieselfde drang tot voortreflikheid is nog steeds die dryfveer agter Hanspeter Ueltschi, die vierdegeslag eienaar van BERNINA Internasionaal, wat getrou in sy oupa-grootjie se voetspore volg. Met die toegewyde voortsetting van hierdie nalatenskap is BERNINA vandag die enigste vervaardiger van huishoudelike naaldwerkmasjiene wat steeds in die Westerse wêreld vervaardig word. Hierdie voortreflikheidsdrang is voorwaar ‘n karaktereienskap wat aan die vyfdegeslag van hierdie familie deurgegee kan word.

Besoek jou naaste BERNINA handelaar of kontak BERNINA hoofkantoor by 011 726 1800, of skryf aan marketing@berninasa.comof besoek www.bernina.co.za

2017-07-01T10:23:23+00:00